Asklepios (Grieks: Ἀσκληπιός) was in die Griekse mitologie die god van medisyne en genesing. Sy dogters was Hugieia ("Gesondheid"), Iaso ("Medisyne"), Akeso ("Genesing"), Aglaia ("Gesonde Gloed") en Panakea ("Universele Geneesmiddel"). Die staf van Asklepios met ’n slang daarom is vandag steeds die simbool van medisyne.
Mite Geboorte Asklepios was die seun van Apollo en Koronis. Sy ma is doodgemaak omdat sy ontrou aan Apollo was en is op ’n brandstapel neergelê, maar die ongebore kind is uit haar baarmoeder gered. Apollo het die baba na die sentour Chiron geneem, wat hom grootgemaak en in medisyne opgelei het.Pindar, Pythian Ode 3. 5 ff (trans. Conway) (Greek lyric C5th B.C.)
Vrou en kinders Asklepios was met Epione getroud en hulle het ses dogters (Hugieia, Meditrina (die slangdraer), Panakea, Akeso, Iaso en Aglaia)Greek Lyric V Anonymous, Fragments 939 (Inscription from Erythrai) (trans. Campbell) (B.C.)Suda s.v. Epione (trans. Suda On Line) (Byzantine Greek lexicon C10th A.D.) en drie seuns (Machaon, Podaleirios en Telesforos) gehad. Hy het ook ’n seun, Aratus, by Aristodama gehad.
Dood Zeus het Asklepios met ’n weerligstraal doodgemaak omdat Asklepios Hippolutus uit die dood opgewek en goud daarvoor aanvaar het.Philodemus, On Piety (trans. Campbell, Vol. Greek Lyric IV Stesichorus Frag 147 & Cinesias Frag 774) (C7th to 6th B.C.)
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Asclepius
Kategorie:Griekse gode