Hebe (Grieks: Ἥβη) was in die Griekse mitologie die godin van jeugdigheid. Sy was die dogter van Zeus en Hera en die skinker vir die gode en godinne van die berg Olimpus. Nadat sy met Herakles getrou het, is haar plek ingeneem deur Ganimedes van Troje.
Haar eweknie in die Romeinse mitologie was Juventas.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Hebe (mythology)
Eksterne skakels Pantheon.org – Hebe Theoi Project: Hebe
Kategorie:Griekse gode