Die nasionale vlag van Kenia (Engels: Flag of Kenya; Swahili: Bendera ya Kenya) is op 12 Desember 1963 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie ewe wye horisontale bane in swart, rooi en groen met wit fraaiings langs die rooi baan. In die middel van die vlag is ’n afbeelding van ’n tradisionele Masaiskild met twee spiese wat daar agter oormekaar gekruis is. Die vlootvaandel is die enigste variasie op die vlag van Kenia. Dit is ’n wit vlag met die nasionale vlag in die skildhoek en ’n groot rooi anker op die wapperkant.
Simboliek Die Masaiskild met die spiese is die simbool van die stryd om onafhanklikheid en die bereidheid om dit te verdedig. (Die skild verskyn ook in ’n effense gewysigde weergawe op die wapenskild van Kenia.) Swart stel verder ook die Afrikavolk voor, rooi stel die gemeenskaplike bloed van die mens asook die stryd om onafhanklikheid voor, groen stel die landbou en natuurlike hulpbronne voor en wit eenheid en vrede.
Ontwerp Die verhouding van die horisontale bane is 6:1:6:1:6, die skild neem 3/5 van die hoogte van die vlag in beslag en is presies in die middel van die vlag sodat die swart kante van die skild teen die rant van die rooi baan raak.
350px|senter|Konstruksietekening
Die vlootvaandel se verhouding is 1:2 waar die vlag s’n 5:9 is. Die anker op die vlootvaandel moet dieselfde rooi as die rooi baan van die vlag wees.
Kleure duimnael|Keniaanse vlae by die Kenyatta-mausoleum Die kleure van die vlag is deur die Keniaanse Nasionale Argief soos volg bepaal:
Swart Rooi Groen Britse Standaardkleure — Poskantoorrooi0-006 Paris/Viridian Green0-10Heksadesimaal#000000#99292D#31905FRGB0-0-0153-41-4549-144-95PantoneBlack C484 C7730 C
Geskiedenis Britse periode Tussen 1888 en 1963 was Kenia onder Britse bestuur. In 1888 het die Brits-Oos-Afrika Kompanjie die reg van die Sultanaat Zanzibar verkry om ’n grondgebied ongeveer tweehonderd kilometer van die Keniaanse kus te bestuur. Kragtens die Zanzibarverdrag het die Duitse Keiserryk in 1890 sy regte aan die Britte oorgedra, waarna die Oos-Afrikaanse protektoraat gestig is. Vervolgens het die inlywing van die binneland begin. In 1902 is ’n deel van Uganda aan die Oos-Afrikaanse protektoraat toegevoeg. In 1920 is die Oos-Afrikaanse protektoraat omgevorm tot die kroonkolonie Kenia. Tydens die Britse bewind (vanaf 1895) is ’n blou Britse vaandel gebruik, bestaande uit ’n blou agtergrond met die Britse vlag in die skildhoek en ’n rooi leeu wat op sy agterpote staan op die wapperkant.
Van 1890 tot 1920 was die streek rondom Witu nie formeel deel van Brits-Oos-Afrika nie. Dit het staatsregtelik aan die Sultanaat Zanzibar behoort, maar het na die Zanzibarverdrag ’n Britse protektoraat geword by name die Witu-protektoraat. Hierdie protektoraat was ’n opvolger van Duits-Witu wat in 1885 tot stand gekom het. Tussen 31 Julie 1893 en 1920 het die Witu-protektoraat ’n rooi vlag met die Britse vlag in die middel daarvan gebruik.
Onafhanklikheid Die Keniaanse vlag is gebaseer op die swart-rooi-grein driekleur van die Kenya Africa National Union Party, wat die leidende party om onafhanklikheid van koloniale oorheersing was. By die verkryging van onafhanklikheid is die Masaiskild asook die wit strepe as simbole van vrede toegevoeg.
Ander vlae Historiese presidensvlae
Verdedigingsmagte
Soortgelyke vlae
Historiese vlae </center>
Soortgelyke vlae
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Kenia by Flags of the World
Kategorie:Kenia Kenia