Die nasionale vlag van die Republiek die Kongo is op 18 Augustus 1958 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n vertikale driekleur in groen-geel-rooi (die Pan-Afrika kleure) maar wat hierdie vlag onderskei is dat die middelste baan skuins oor die vlag loop van links onder (aan die vlagpaalkant) tot regs bo (aan die wapperkant).
Simboliek Die groen op die vlag stel die natuurskoon van die land voor, geel stel die natuurlike hulpbronne voor en rooi stel die stryd om vryheid voor.
Ander vlae
In 1970 is die vlag laat vaar om plek te maak vir ’n nuwe vlag wat deur die sosialistiese regering van die "Volksrepubliek die Kongo" ingestel is. Die bewing het in 1991 tot ’n einde gekom en op 10 Junie van daardie jaar is die vlag soos hy was (en nou is) heringestel.
Sien ook
Eksterne skakels
Republiek die Kongo by Flags of the World
Kongo, Republiek Kategorie:Republiek die Kongo