Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон, Chussar Iryston; Georgies: სამხრეთი ოსეთი, Samchreti Osseti; Russies: Южная Осетия, Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike republiek, sonder algemene internasionale erkenning.

duimnael|links|’n Kaart van Georgië wat die gebiede Abchasië (groen) en Suid-Ossetië (pers) aandui, wat albei de facto onafhanklik is duimnael|links|Landskap in Suid-Ossetië se Ezhawa-distrik Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys.

Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 56 520 in 2022 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië.

Soms word na Suid-Ossetië, Abchasië en Transnistrië as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys. Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.

Politiek Internasionale erkenning duimnael|links|Internasionale erkenning van Abchasië en Suid-Ossetië: VN-lidlande erken Suid-Ossetië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008. erken Suid-Ossetië op 5 September 2008. erken Suid-Ossetië op 10 September 2009. erken Suid-Ossetië op 29 Mei 2018.

Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede erken Suid-Ossetië op 17 November 2006. erken Suid-Ossetië op 17 November 2006.

Voormalige erkenning erken Suid-Ossetië op 18 September 2011, maar neem die erkenning op 31 Maart 2014 terug. mfa.gov.ge: Statement of the Georgian Foreign Ministry regarding the establishment of diplomatic and consular relations erken Suid-Ossetië op 16 Desember 2009, maar neem die erkenning in Julie 2026 terug.

Etniese samestelling duimnael|links|Etniese kaart van die Kaukasus-streek Ossetiërs vorm met 48 146 inwoners die meerderheid van die bevolking (89,9 persent). Ethnic composition of Ossetia 2015

Etniese samestelling van Suid-Ossetië (2015) Etniese groep Aantal % Ossetiërs 48 146 89,9 Georgiërs 3 966 7,4 Russe 610 1,1 Armene 378 0,7 Ander 432 0,8 Suid-Ossetië (totaal) 53 532 100

Verwysings

Eksterne skakels

President van Suid-Ossetië

Kategorie:Omstrede gebiede