Genevieve Nnaji (gebore op 3 Mei 1979 in Mbaise, Nigerië)Genevieve Nnaji, Date of Birth is 'n Nigeriese aktrise. In 2005 het sy die African Movie Academy Award gewen vir die Best Actress in a Leading Role.
Lewe Nnaji het groot geword in Lagos—die kommersiële hoofstad van Nigerië. Sy is die vierde van agt kinders en het groot geword in 'n middel klas omgewing. Haar vader is 'n ingenieur van beroep en haar moeder 'n onderwyser. Sy het eers die Methodist Girls College Yaba bygewoon voor sy gegaan het na die Universiteit van Lagos. Terwyl sy by die universiteit in Genevieve was het sy begin om oudisie werk te doen vir verskeie Nollywood projekte.
Loopbaan Nnaji het haar loopbaan as aktrise begin op die ouderdom van agt. Sy het verskyn in die toe populêre televisie sepie Ripples. Sy het ook verskyn in verskeie advertensies, wat in sluit die Pronto drankie en die Omo opwasmiddel. In 2004 het sy ook die gesig van Lux seep geword.
In 1998 het sy op die ouderdom van negentien die Nigeriese film industrie betree met die film Most Wanted. Ander films van haar sluit in Last Party, Mark of the Beast and Ijele. Sy het al verskyn in meer as 80 Nollywood films.List of Movies by Genevieve Nnaji Nnaji het al verskeie toekennings ontvang en was ook al verskeie kere genomineer. Sy het die Best Actress of the year toekenning in 2001 by City People Awards en die Best Actress in a Leading Role toekenning by die 2005 African Movie Academy Awards ontvang.
In 2004 het sy 'n kontrak geteken met EKB Records, 'n Ghanees opneming etiket. Sy stel toe haar debuut album One Logologo Line ook bekend, 'n mengsel van R&B, Hip-Hop en Urban musi. Gedurende 2008 het Nnaji ook 'n modereeks bekend gestel, naamlik St. Genevieve, wat 'n deel van die winste aan liefdadigheid skenk.Genevieve Nnaji at Gistmaster.com Sy word gesien as een van die top aktrises in Nollywood.Best Paid Nollywood Actresses Revealed
Filmografie Jaar Film Rol Notas1998 Most Wanted 1999 Camouflage met Ramsey Nouah 2001 Love Boat met Ramsey NouahDeath Warrant 2002 Valentino met Ramsey NouahSharon Stone Sharon StoneRuns! met Gorgina OnuohaPower of Love Julietmet Ramsey Nouah, Grace AmahFormidable Force met Gorgina OnuohaBattle Line met Ramsey Nouah & Pete Edochie 2003 Above Death: In God We Trust met Pete Edochie, Kate Henshaw-Nuttal, Ramsey Nouah & Zack Orji Blood Sister met Omotola Jalade-Ekeinde & Tony Umez Break Up met Ramsey Nouah Butterfly met Ramsey Nouah By His Grace met Tony Umez Church Business met Ramsey Nouah & Segun Arinze Deadly Mistake Emergency Wedding met Tony Umez Emotional Tears Helen For Better for Worse Honey met Ramsey Nouah & Pete Edochie Jealous Lovers Chioma Keeping Faith: Is That Love? Richard Mofe-Damijo Last Weekend met Ramsey Nouah Late Marriage Love AnitaRichard Mofe-Damijo & Segun Arinze My only Love Angelamet Ramsey Nouah Not Man Enough Passion & Pain met Ramsey Nouah & Desmond Elliot Passions Richard Mofe-Damijo Player: Mr. Lover Man Private Sin FaithRichard Mofe-Damijo & Stephanie Okereke Sharon Stone in Abuja Sharon Stone Super Love met Ramsey Nouah & Pete Edochie The Chosen One Women Affair 2004 Bumper to Bumper met Georgina Onuoha Critical Decision Richard Mofe-Damijo & Stephanie Okereke Dangerous Sister met Tony Umez & Dakore Egbuson Goodbye New York met Rita Dominic He Lives in Me Into Temptation met Ramsey Nouah My First Love met Tony Umez Never Die for Love Promise Me Forever met Stephanie Okereke Stand by Me Treasure Unbreakable met Ramsey Nouah We Are One met Stella Damasus-Aboderin 2005 Darkest Night Richard Mofe-Damijo & Segun Arinze Games Women Play met Stella Damasus-Aboderin, Desmond Elliot & Zack Orji Rip-Off met Ramsey Nouah 2006 Girls Cot met Rita Dominic & Ini Edo 30 Days Chinora Onumet Segun Arinze 2007 Letters to a Stranger met Segun Arinze Warrior's Heart 2008 Beautiful Soul Olivia Broken Tears met Van Vicker, Kate Henshaw-Nuttal & Grace Amah My Idol River of Tears Yvonne
Verwysings
Kategorie:Nigeriese kunstenaars Kategorie:Akteurs Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense