Transnistrië, amptelik die Pridnestrowiese Moldawiese Republiek (Roemeens (Moldawies): Република Молдовеняскэ Нистрянэ, Republica Moldovenească Nistreană; Russies: Приднестровская Молдавская Республика, Pridnestrofskaja Moldafskaja Respoeblika; Oekraïens: Придністровська Молдавська Республіка, Pridnistrofska Moldafska Respoeblika), is volgens internasionale reg 'n deel van Moldowa, maar vorm sedert 1992 'n de facto onafhanklike republiek, wat slegs deur Abchasië, die Republiek Artsach en Suid-Ossetië as 'n onafhanklike staat erken word. Ná die onafhanklikheid van Moldowa van die Sowjetunie het 'n konflik met die Transnistriese regering ontstaan en die gebied het op 2 September 1990 eensydig sy onafhanklikheid verklaar.

duimnael|links|Politieke kaart van Transnistrië tussen Moldowa en Oekraïne duimnael|links|Administratiewe kaart van Transnistrië met opgeëiste gebiede Sedert 1992 vorm die gebied 'n de facto republiek en word nie van Moldowa gekontroleer nie. Transnistrië is aan die grens tussen Moldowa en die Oekraïne geleë en die hoofstad is Tiraspol. Transnistrië beslaan 'n oppervlakte van 4 163 km² en het 'n bevolking van 505 153 gehad. Op 18 Maart 2014 het Transnistrië ná die voorbeeld van die Krim 'n aansoek om lidmaatskap binne die Russiese Federasie gestel.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geskiedenis van Moldowa Kategorie:Omstrede gebiede