Richard Matthew Stallman (gebore op 16 Maart 1953 in Manhattan, New York Stad) is 'n Amerikaanse aktivis vir vrye sagteware, kuberkraker en programmeerder – ook onder sy voorletters as RMS bekend. Stallman is die stigter van die GNU-projek. Aan hom word 'n beduidende aandeel van die sukses van GNU/Linux toegeskryf, en hy was die eerste voorsitter van die Free Software Foundation, waar hy onder meer die GNU General Public License ontwikkel het.

Eksterne skakels Stallman se amptelike webtuiste

Kategorie:Amerikaanse aktiviste Kategorie:Amerikaanse wetenskaplikes Kategorie:Internetaktiviste Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse rekenaarprogrammeerders Kategorie:Amerikaanse Jode