duimnael|regs|Bladsy van die nuutste Nederlandse bybelvertaling Genesis (Grieks Γένεσις = ontstaan ; Hebreeus בראשית beres'jiet = in die begin) is die eerste boek van die Joodse Tanag, die Samaritaanse Pentateug asook die Christelike Ou Testament (ook Hebreeuse Skrifte genoem). Dit is sodoende die eerste boek van die Bybelse kanon.

Die boek is 'n verslag van die skepping van die wêreld, die vroeë geskiedenis van die mensdom, en van Israel se voorvaders en die oorsprong van die Joodse volk.

Tradisie erken Moses as die skrywer van Genesis, sowel as die boeke Eksodus, Levitikus, Numeri en die meeste van Deuteronomium, maar moderne geleerdes, veral vanaf die 19de eeu, sien dit as geskryf honderde jare nadat Moses veronderstel was om te leef, in die 6de en 5de eeue vC. Gebaseer op die wetenskaplike interpretasie van argeologiese, genetiese en linguistiese bewyse, beskou die meeste geleerdes Genesis as hoofsaaklik Joods-Christelike mitologie eerder as histories.

Genesis is in twee dele verdeel, die oergeskiedenis (hoofstukke 1–11) en die voorvadergeskiedenis (hoofstukke 12–50). Die oergeskiedenis sit die skrywer se konsepte uiteen van die aard van die godheid en van die mensdom se verhouding met die skepper daarvan: God skep 'n wêreld wat goed en geskik is vir die mensdom, maar wanneer die mens dit met sonde bederf, besluit God om sy skepping te vernietig, wat net die regverdige Noag en sy gesin spaar om die verhouding tussen mens en God te hervestig. Die voorvadergeskiedenis (hoofstukke 12–50) vertel van die voorgeskiedenis van Israel, God se uitverkore volk. Op God se bevel, Abraham se reise vanaf sy geboorteplek (beskryf as Ur van die Galdeërs) na die godgegewe land Kanaän, waar hy as 'n bywoner woon, net soos sy seun Isak en sy kleinseun Jakob. Jakob se naam word verander na "Israel", en deur die agentskap van sy seun Josef, verhuis die kinders van Israel na Egipte toe, altesaam 70 mense met hul huishoudings, en God belowe hulle 'n toekoms van grootheid.

Genesis eindig met Israel in Egipte, gereed vir die koms van Moses en die uittog. Die vertelling word gekenmerk deur 'n reeks verbonde met God.

In Judaïsme sentreer die teologiese belangrikheid van Genesis op die verbonde wat God verbind met sy uitverkore volk en die volk met die Beloofde Land. Die Christendom interpreteer Genesis as die prefigurasie van sekere kardinale Christelike oortuigings, hoofsaaklik die behoefte aan redding (die hoop of versekering van alle Christene) en die verlossingsdaad van Christus aan die Kruis as die vervulling van verbondsbeloftes as die Seun van God.

Hooftrekke van die boek Die skepping 1:1-2:4 Die sondeval 2:4-3:23 Adam se nageslag tot by Noag 4:1-6:8 Noag en die sondvloed 6:9-9:29 Die mense word meer en versprei oor die aarde 10:1-11:32 Abraham 12:1-25:18 Isak en sy twee seuns Jakob en Esau 25:19-36:43 Josef en sy broers 37:1-45:28 Jakob en sy nageslag in Egipte 46:1-50:26

Temas Genesis begin reg by die begin. God het die wêreld geskep. 'n Wêreld wat goed is. Hy het die mens gemaak, die kroon van sy skepping.

Die goeie skepping van God versleg gaandeweg as gevolg van die sonde van die mens, wat homself wou oortref deur te probeer om soos God te word. Dan word alles weggevee deur die groot vloed. 'n Nuwe begin word gemaak - om maar net weer in die dwaasheid te verval.

In hoofstuk 12 verskuif die klem. Daar word nou gefokus op een man, Abram, en sy familie. God wil nie sy skepping vernietig nie. Daarom werk Hy, deur een uitverkore man, en een uitverkore nasie, om die wêreld te vernuwe. Genesis voer die verhaal verby Isak en Jakob tot by die dood van Josef in Egipte. Die SkeppingSien Gen. 1-2:4. duimnael|350px|Visuele voorstelling van die skeppingsverhaal in die tuin van die klooster St. Marienstern, deelstaat Sakse, Duitsland Die groot drama van die oorsprong van alle dinge begin by God:

Die ontstaan van die wêreld en van die lewe was geen toeval nie. Daar is 'n Skeppergod; God het alles wat bestaan gemaak; Alles wat God gemaak het was goed; Die hoogtepunt van God se skeppingsdade was die skepping van die mens; Die mens word in twee opsigte van ander skepsele onderskei: hy alleen is na die beeld van God self geskape en hy is oor alles aangestel; Die ses dae waarin God sy skeppingswerk verrig het is gevolg deur 'n dag van rus.

Die skepping is in twee fases gedoen. Genesis 1-2 lees as volg:"In die begin het God die hemel en die Aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef"

Daarna het God die Aarde georden. Derhalwe hoef die mens nie bekommerd te wees as die wetenskaplikes sê dat die aarde miljoene jare oud is nie. Niemand weet hoe lank die twee fases van God se skeppingswerke van mekaar was nie. In die ses skeppingsdae is daar agt skeppingsdade, wat elk inglei word met die woorde "Toe het God gesê...":</blockquote>

Dag 1: lig en duisternis word geskei; Dag 2: die Aarde se atmosfeer word geskep (die uitspansel); Dag 3: skeiding van droë land en seë en plante en bome; Dag 4: Son, Maan en sterre, seisoene, dae en jare word geskape; Dag 5: seediere en voëls word geskep; Dag 6: landdiere en die mens word geskep; Dag 7: Die Skepping is voltooi. God rus.

Fokus op die mensSien Gen. 2 vanaf vers 5. duimnael|Die tuin van Eden: Adam gee name aan die diereCreation Museum, Petersburg, Kentucky, VSA Hierdie tweede beskrywing van die skepping is nie net 'n herhaling van die eerste nie. Dit gaan hier oor die fokus op die mens. Hier word ook 'n ander naam vir God gebruik. In die eerste weergawe was dit Elohim (God die Skepper, die groot en verhewe een wat in die ewigheid woon). Nou is dit Jahwe (God in verhouding tot sy mense).

God skep die mens (die Hebreeuse woord wat met Adam vertaal word, beteken man). Hy plant 'n tuin in Eden, waar die mens moet woon.

Maar die mens is nie gemaak vir 'n eensame, selfgenoegsame bestaan nie. Voëls en diere bied nie die soort kameraadskap wat hy nodig het nie. Derhalwe skep God die vrou, 'n nuwe wese, wat die ere-aard van die man deel.

Die mens is aan God ongehoorsaamSien Gen. 3.

God het gesê hulle mag alles gebruik en eet, maar net nie van die twee bome in die middel van die tuin nie. Die slang bevraagteken egter die woord van God en noem God 'n leuenaar. Die slang oorreed die vrou om van die aanloklike vrugte van die boom van "Goed en Kwaad" te eet, wat weer vir Adam oorreed om van die vrugte te eet.

Die gevolge is onvermydelik. 'n Heilige God kan nie met sonde saamleef nie. Hy bestraf die slang én die mens. Die mens word uit Eden verban. Maar voor hulle gaan, sorg Hy eers weer vir hulle deur hulle te klee.

Die eerste gesin en die eerste moordSien Gen. 4. duimnael|Kain en AbelCreation Museum, Petersburg, Kentucky, VSA Nadat Adam en Eva uit Eden gedryf word kry hulle twee seuns, Kain, die boer en Abel, die veewagter. Later bring hulle elk 'n offer aan God. Abel se offer word aanvaar, maar Kain se offer nie. Dit is nie wat Abel geoffer het nie, maar sy geloof, wat gemaak het dat sy offer aanvaar is.

Kain bewys waarom sy offer nie aanvaar is nie, deur vir Abel te vermoor.

God verban Kain tot 'n swerwerslewe, maar beskerm hom teen menslike wraak.

Hierna volg dan 'n opgawe van sommige van sy afstammelinge en toon ook die begin van die beskawing aan.

Die eerste stad word gebou, hulle leer om musiek te maak en om yster en brons te smee.

Die laaste twee verse verleen hoop. Set word vir Adam en Eva gebore en die mense begin om die naam van die Here aan te roep.

GeslagsregisterGen. 5. Daar kan gemerk word dat al die geslagsregisters in die Bybel dieselfde patroon volg: "Toe A x jaar oud was, het hy die vader van B geword. Na die geboorte van B het hy nog y jaar gelewe en ander seuns en dogters gehad. So was al sy dae z jaar, en hy het gesterwe."

Die sondvloedGen. 6-9. Redding en God se belofte aan NoagGen. 6-9:17 duimnael|Noag se arkCreation Museum, Petersburg, Kentucky, VSA Vloedverhale is uit die meeste wêrelddele en in baie tale oorgelewer. Die Babeloniese weergawes stem aansienlik ooreen met die verhaal wat hier opgeteken is. Dit is nie verbasend nie, want albei berus op dieselfde gebeurtenis.

Die woord ark beteken in Hebreeus "kis". Dit word elders net gebruik vir die waterdigte mandjie waar die baba, Moses, op die Nyl gedryf het.

Die ark was geweldig groot en ontwerp om te dryf en nie om te seil nie. Die ark was 135x22½x14 meter, in ons mate.

Die verbond met NoagGen. 9:6-17.

'n Belangrike tema wat herhaaldelik in die Skrif voorkom: God bevestig sy verbond agtereenvolgens met Noag, Abraham, die volk Israel deur Moses en met Dawid. Elke verbond bevat verdere, ryker beloftes, totdat die koms van Christus die "nuwe vebond" inlei.

In elke geval neem God die inisiatief - dit is geen ooreenkoms tussen gelykes nie. God bepaal die voorwaardes. Hy maak hulle bekend, en Hy alleen waarborg dat hulle gehou sal word. Die mens geniet die seëninge van die verbond soverre as wat hy die bevele van God gehoorsaam.

Noag se dronkenskap

Selfs 'n algemene nuwe begin verander nie die mens se sondige natuur nie.

Gam minag sy dronk vader en Noag vervloek hom deur sy afstammelinge, die Kanaäniete. Hulle het onderdane van Israel, wat van Sem afstam, geword.

Van Noag tot die roeping van AbrahamGen. 10-11. Die families van Noag se drie seuns

Sien weereens die artikel in Wikepedia nl. "Geslagsregister van Adam tot Jesus."

Die ander geslagsregisters is interessant, maar die belangrikste is die laaste een, nl. die van Sem. Uit hom word die stam van Juda gebore.

BabelGen. 11:1-9.

In Sinar, koningkryk van Nimrod die jagter,Sien Gen. 10:10. span mense saam in 'n groot bouprojek - 'n stad en 'n toring wat tot in die hemel reik word gebou. God kyk af na hierdie gesamentlike poging van die mens om homself te vergoddelik, die begin van hernieude opstand teen Hom.

Hy verdeel die mense deur taalverskille en verstrooi hulle in verskillende landstreke - juis dit wat hulle wou verhoed.

Die toring van Babel was waarskynlik 'n tempeltoring met baie verdiepings, soos die wat in die vroeë derde millennium vC in Babelonië gebou is.

Geslagsregister Sem tot AbrahamGen. 11:10-32

Hier is die name weer selektief en word die totale tydsduur waarskynlik verkort. Noag se voorsate het aansienlik langer gelewe as Tera s'n en die ouderdom vir die ouerskap is baie jonger.

By Tera se naam word meer besonderhede gegee. Tera se drie seuns word genoem, asook hul geboorteplek. Na die dood van Haran, vertrek Tera na Kanaän met sy kleinseun Lot en sy seun Abraham en kinderlose skoondogter Sarai.

Hulle trek nie verder as Harran nie. Tera sterf en die toneel is gereed vir die verhaal van Abraham, om "die vader van baie nasies te word.Sien Gen. 17:5.

Abraham 'n nuwe beginGen. 12-25:18. God se roeping van Abraham en die reis na KanaänGen. 12:1-9.

God roep een man en maak aan hom beloftes, wat Abraham gehoorsaam beantwoord. Abram se antwoord lei regstreeks tot die geboorte van 'n nuwe nasie en lei later tot seën vir die hele aarde.

Abram trek weg op bevel van God met sy kinderlose vrou en sy neef Lot.

By Sigem in die landstreek Kanaän praat God weer met hom. Hierdie land sal die erfdeel van Abram se nakomelinge word. Steeds gaan die reis voort, suidwaarts na die Negeb, 'n droë landstreek van sowat 7 500 km, wat strek vanaf Berseba tot by die Sinai-gebergtes. Hier is weiveld vir die nomade se vee.

Die skeding van LotGen. 13.

Abram en Lot se veekuddes brei so uit dat hulle dit nie meer kon dra nie. Dit lei tot 'n familiebreuk. Lot wat deur sy groothartige oom die geleentheid gegun word om te kies, soek die vrugbare aarde van die Jordaanrivier uit.

Oorlog teen die konings en die ontmoetinge met MelgisedekGen. 14.

Hoewel 'n half-nomadiese lewe in Abram se tyd niks buitengewoon was nie, was daar ook gevestigde lewe in dorpe en ommuurde stede. Sjeiks wat op hul beurt vasalle van konings was, het plaaslik regeer.