Dolly Rebecca Parton (19 Januarie 1946 – 25 Augustus 2026) was 'n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, multi-instrumentalis en filantroop bekend vir haar werk in countrymusiek. In die vier en 'n half dekades sedert haar nasionale trefferlys- debuut was sy een van die suksesvolste vroulike kunstenaars in die geskiedenis van die countrygenre, wat aan haar die titel "Die Koningin van Countrymusiek" besorg het met vyf-en-twintig nommereen-enkelsnitte, en 'n rekord een-en-veertig toptien-countryalbums. Sy was bekend daarvoor dat sy in elk van die laaste vyf dekades 'n topvyf-countrytreffer opgelewer het en dat sy die enigste kunstenaar was om in elk van die laaste vier dekades 'n nommereen-countryenkelsnit vry te stel. Sy was bekend vir haar kenmerkende sopraanstem, soms onnutsige humor, flambojante drag en wulpse karakter.
Haar jonger broer, Randy Parton (1953–2021), was ook 'n countrysanger en akteur. Hy het per geleentheid vir Dolly baskitaar gespeel.
Parton is op 25 Augustus 2026 in Nashville, Tennessee, oorlede ná 'n kort stryd teen kanker.
Diskografie Sha-Kon-O-Hey! Land of Blue Smoke (2009) Backwoods Barbie (2008) Those Were the Days (2005) For God and Country (2003) Halos & Horns (2002) Little Sparrow (2001) The Grass Is Blue (1999) Hungry Again (1998) Treasures (1996) Something Special (1996) Slow Dancing with the Moon (1993) Eagle When She Flies (1991) White Limozeen (1989) Rainbow (1987) Real Love (1985) The Great Pretender (1984) Burlap & Satin (1983) Heartbreak Express (1982) 9 to 5 and Odd Jobs (1980) Dolly, Dolly, Dolly (1980) Great Balls of Fire (1979) Heartbreaker (1978) Here You Come Again (1977) New Harvest... First Gathering (1977) All I Can Do (1976) Dolly: The Seeker/We Used To (1975) The Bargain Store (1975) Love Is Like a Butterfly (1974) Jolene (1974) Bubbling Over (1973) My Tennessee Mountain Home (1973) My Favorite Songwriter: Porter Wagoner (1972) Touch Your Woman (1972) Coat of Many Colors (1971) Golden Streets of Glory (1971) Joshua (1971) The Fairest of Them All (1970) My Blue Ridge Mountain Boy (1969) In the Good Old Days (When Times Were Bad) (1969) Just Because I'm a Woman (1968) Hello, I'm Dolly (1967)
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Amptelike musiekwebwerf Onafhanklike aanhangerswebwerf Internetrolprentdatabasis-profiel MusicBrainz-profiel
Kategorie:Amerikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2026 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse filantrope