Ramones is 'n Amerikaanse rockgroep wat gewoonlik ook as die eerste punkgroep geag word. Die groep is in 1974 in Forest Hills, Queens, New York Stad, New York, VSA gestig. Al die lede het pseudonieme aangeneem wat met die van "Ramone" eindig. Hulle het 2 263 konserte in 'n virtueel aaneenlopende musiektoer van 22 jaar opgevoer. In 1996, nadat hulle met die Lollapalooza-musiekfees getoer het, het die groep 'n vaarwelkonsert opgevoer en ontbind.Schinder (2007), pp. 559–560. Net meer as agt jaar ná die groep se ontbinding het die groep se drie stigterslede — voorsanger Joey Ramone, kitaarspeler Johnny Ramone, en baskitaarspeler Dee Dee Ramone — almal al die tydelike met die ewige verwissel.

Ramones het 'n geweldige invloed op die punkrockbeweging in beide die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk gehad, alhoewel hulle weinig kommersiële sukses bereik het. Die groep se enigste plaat met genoeg verkope in die VSA om as goud gesertifiseer te word, was die versamelalbum Ramones Mania.Schinder (2007), p. 556; Erkenning van die groep se belangrikheid het oor die jare opgebou en vandag word die groep in vele assesserings van invloedryke rockmusiek gemeld, soos die Rolling Stone-tydskrif se lys 50 Greatest Artists of All Time en VH1 se 100 Greatest Artists of Hard Rock. In 2002 is Ramones deur Spin-tydskrif as die tweede invloedrykste musiekgroep ooit aangewys, met The Beatles in die eersteplek. Op 18 Maart 2002 is Ramones in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem.

Diskografie Ramones (1976) Leave Home (1977) Rocket to Russia (1977) Road to Ruin (1978) End of the Century (1980) Pleasant Dreams (1981) Subterranean Jungle (1983) Too Tough to Die (1984) Animal Boy (1986) Halfway to Sanity (1987) Brain Drain (1989) Mondo Bizarro (1992) Acid Eaters (1993) ¡Adios Amigos! (1995)

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse musiekgroepe