Horst (Limburgs: Haors, Hôrs) is 'n dorp in die Nederlandse provinsie Limburg. Die voormalige munisipaliteit het sowat 12 000 inwoners (2007) en 'n oppervlakte van 19 km². Horst behoort sedert 2001 tot en is die administratiewe setel van die in hierdie jaar gestigte munisipaliteit Horst aan de Maas.
Alhoewel die nuwe munisipaliteit na die nedersetting vernoem is, word Horst op sigself nie 'aan de Maas' genoem nie omdat dit nie aan die Maas-rivier geleë is nie.
Eksterne skakels
Kategorie:Horst aan de Maas Kategorie:Voormalige munisipaliteite in Limburg (Nederland) Kategorie:Nedersettings in Limburg (Nederland)