Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1921 het op 8 Februarie 1921 plaasgevind. Die verkiesing was genoodsaak ná die onttrekking van die Engelstalige Unionisteparty uit die kabinet van genl Jan Smuts. Die kombinasie van die Suid-Afrikaanse Party en die Unionisteparty (SAP-UP) het 79 setels gewen en was die grootste party.
Die Afrikaner-nationalistiese Nasionale Party het ook een meer setel as die vorige jaar gewen, 45 in totaal. Die grootse verliese was deur die Arbeidersparty (-12) en onafhanklikes (-2). Smuts het dus 'n nuwe kabinet gevorm.
Uitslag duimnael|links|Setels in die Volksraad van Suid-Afrika na die 1921-verkiesing Party % Setels Suid-Afrikaanse Party-Unionisteparty 48,17% 79 Nasionale Party 36,83% 45 Arbeidersparty 13,82% 9 Onafhanklikes 1,19% 1 Totaal 100% 134
Nasleep Die staking van blanke mynwerkers aan die Witwatersrand in 1922 het die regering ernstig gediskrediteer, en die Nasionale Party en Arbeidersparty het sterk ondersteuning van armblankes gewen. Een van die leiers van die opposisie Nasionale Party, Tielman Roos, het kontak gemaak met F.H.P. Creswell, die leier van die Arbeidersparty en onderhandelinge begin wat uiteindelik gelei het tot 'n koalisie tussen die Arbeidersparty en die Nasionale Party, wat in 1924 die sogenaamde Pakt-regering gevorm het.
Kategorie:1921 Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika