In die Slag van Varus (ook: Slag by die Teutoburgerwoud of Herman se slag, of volgens Romeinse skrywers as , of „Varus nederlaag“ aangedui), het drie Romeinse legioene tesame met hul troepe en gevolg, onder Publius Quinctilius Varus, in die herfs van 9 n.C. 'n vernietigende nederlaag gely teen 'n Germaanse krygsmag onder leiding van Arminius, seun van die opperhoof van die Cherusker-stam.http://www.varusschlacht-im-teutoburger-wald.de/varusschlacht.htm

'n Agtste van die totale Romeinse krygsmag is gedurende hierdie slag uitgewis. Ná hierdie slag het die Romeine geen verdere poging aangewend om die gebied regs van die Ryn tot by die Elbe deel te maak van die Romeinse Ryk nie. Die ligging van die slag is nog nie met sekerheid vasgestel nie, alhoewel nuwe ontdekkings daarop dui dat 'n deel van die slag heel moontlik in 'n argeologiese uitgrawingsgebied naby Kalkriese in die Wiehengebergtes in Osnabrücker Land, Duitsland plaasgevind het.http://www.varusforschung.de/

Historiese agtergrond

Voorgeskiedenis duimnael|links|Germanië gedurende die Romeinse tyd (Foto van die kaart dateer uit die 19de eeu)

Varus se tog was deel van 'n omvangryke plan om die Romeinse ryk uit te brei na die gebied oos van die Ryn en noord van die Alpe. Hierdie veldtog is reeds in 15 v.C. deur Augustus se stiefseuns Drusus en Tiberius van stapel gestuur. Drusus het gedurende die tydperk 12 v.C. tot en met sy dood in 9 v.C. verkenningstogte aan die oostekant van die Ryn deurgevoer en het onder andere die Elbe- en Saale-riviere bereik.http://www.varusschlacht-im-teutoburger-wald.de/roemerzeit.htm#a2

Vanaf die Ryn oor die Drusus-Kanaal, die , die Suidsee en die Noordsee, het die Romeinse vloot die operasie ondersteun. Die doelwit van die Romeine was om die gebied tussen die Ryn en die Elbe, wat deur die Germane gekoloniseer was, permanent onder Romeinse heerskappy te bring. Om dit te vermag, het die Romeine militêre kampe aan die Ryn, Lahn, Lippe (rivier), Ems en ook by die Noordsee aangebring en probeer om die guns van die Germane in hierdie gebiede te wen.

Die verkenningstogte van Drusus was die eerste fase in die groter plan en het uiteindelik op 1 Januarie 7 v.C. onder Tiberius tot 'n suksesvolle einde gekom.

Tiberius het intussen Pannonië verower en het na die dood van sy broer die plan voortgesit totdat hy in 6 v.C. op 'n selfverkose ballingskap gegaan het. Verdere sukses om die guns van die mense te verower, is deur Lucius Domitius Ahenobarbus (Konsul 16 v.C.) en na sy terugkeer, deur Tiberius in 4 v.C. bereik.http://www.varusschlacht-im-teutoburger-wald.de/roemerzeit.htm#a3

Die slag

Historiese bronne Tydgenote het reeds oor die katastrofale uitkoms van hierdie militêre gebeurtenis geskryf. So het Plinius die ouere bv. reeds in sy werk nie net oor die Germaanse stamme berig nie (boek 3 uit 'n ensiklopedie van 37 boekdele), maar ook in 'n verhandeling, wat uit 20 boeke bestaan, oor die Germaanse oorloë geskryf. Ongelukkig is hierdie verhandeling nie meer bekombaar nie.

Onder die huidig toeganklike bronne tel:Bojana Schneider: Berichte antiker Historiographen über die „Schlacht im Teutoburger Wald“ () – Relation zu Funden und Befunden der neuesten archäologischen Ausgrabungen in Kalkriese. In: Osnabrücker Online-Beiträge zu den Altertumswissenschaften 6/2002 (beskikbaar as PDF). Die teks is versamel in Lutz Walther (uitgewers), Varus, Varus!.

Outeur Werk Datum van oorsprong Ovidius III, 12, 45–48 en IV, 2 10 en 11 n.C. Marcus Manilius , I, 896–903 voor 14 Strabon , VII, 1, 4 voor 18 Velleius Paterculus , II, 117–119 30 Tacitus , I, 59–62 Begin van die tweede eeu Sueton , , 23 en 49, , 17 en 18 Openbaar gemaak na 120 Florus , II, XXX, 29–39 Gedurende die eerste gedeelte van die tweede eeu Cassius Dio Ῥωμαϊκὴ ἱστορία (Romeinse geskiedenis), LVI, 18–22 Begin van die derde eeu

Geen van hierdie outeurs het eerstehandse kennis van die slag gedra nie. Plinius en Velleius Paterculus het wel persoonlike ondervinding met die Germane gehad, terwyl Tacitus en Cassius Dio verskeie geskiedeniswerke, wat mettertyd verlore gegaan het, as bronne gebruik. Werke wat vraagtekens laat ontstaan, is die Germanenkriege of die Historien deur Aufidius Bassus,vergelyk die bespreking in Ronald Syme: Tacitus. Bd. 1, Oxford 1958, S. 274ff., asook Peter Michael Swan se The Augustan Succession: A Historical Commentary on Cassius Dio’s Roman History, Books 55–56 (9 B.C.–A.D. 14). Oxford 2004, S. 250ff. Hierdie bronne kan dus nie as meer as spekulasie beskou word nie.

Die geskrewe geskiedenis bied uitsluitlik 'n Romeinse perspektief van die gebeurtenis, want daar bestaan geen geskrifte van die verloop van die gebeurtenis uit 'n Germaanse (of ander) oogpunt nie. Verder beoordeel alle Romeinse skrywers Varus baie negatief, alhoewel dit moontlik is omdat dit nodig was om 'n sondebok te vind wat verkwalik kon word vir die nederlaag van die Romeinse legioene.

Berigte oor die verloop van die slag verskil van bron tot bron, en selfs geografiese beskrywings van die slagveld soos bv. nat, stormagtige weer en digte woude is waarskynlik niks meer as die tipiese voorstelling wat Romeinse skrywers van die Noordelike lande gehad het. Daar kan dus uit die bronne geen klinkklare bewys verkry word van presies wat gebeur het nie, behalwe dat die Romeine 'n nederlaag gely het en dat drie legioene in Germanië uitgewis is.

Varus se ondergang Die somerhoofkwartier van Varus en drie van sy legioene was diep in die Cherusker-gebied geleë, aan die wesoewer van die Weser-rivier. Die oorblywende twee legioene het óf by die Ryn óf in Hesse agtergebly.

Alhoewel die presiese datum van die slag nie in historiese bronne aangedui word nie, is dit seker dat dit plaasgevind het toe Varus en sy legioene op pad terug was na hulle winterhoofkwartier toe. Vermoedelik wou Varus die Militêre Straat na Vetera, 'n plek in die nabyheid van Xanten, vir die terugtog neem, maar 'n boodskap oor 'n opstand wat op hierdie weg sou plaasvind, het hom oorreed om 'n omweg deur 'n onbekende gebied te neem. Arminius en sy samesweerders het vooruitgegaan en so vir Varus in 'n sorgvuldig beplande lokval gelei.

Daar word aanvaar dat Varus se krygsmag bestaan het uit drie Romeinse legioene (Legio XVII, Legio XVIII, en Legio XIX), ses taktiese eenhede van nie-Romeinse troepe en drie kavallerie-eskadronne (alae), met altesaam ongeveer 15 000 tot 20 000 soldate. Hierdie optog kon tussen 15 en 20 km lank gewees het.Wolfgang Schlüter: Die Varusschlacht. Archäologische Forschungen in Kalkriese bei Osnabrück. In: Detlev Hopp, Charlotte Trümpler: Die frühe römische Kaiserzeit im Ruhrgebiet. Kolloquium des Ruhrlandmuseums und der Stadtarchäologie/Denkmalbehörde in Zusammenarbeit mit der Universität Essen. Klartext Uitgewers, Essen 2001, (duits)

In 'n lewendige beskrywing berig die Romeinse geskiedkundige Cassius Dio,Cassius Dio, 56,20–22 (engels). ongeveer 200 jaar na die gebeurtenis, oor die toestande waaronder die slagting plaasgevind het. In hierdie berig beskryf Cassius Dio hoe die gebergtes op die weg vol klowe en ongelyke grond was en dat die bome so dig en oorgroei was dat die Romeine selfs voor die lokval gesukkel het om 'n weg vir hulself deur dig beboste gebied te baan. Voeg daarby stormagtige reënweer en die weg was amper onbegaanbaar en verwarrend. Cassius Dio beskryf verder dat die Germane, wat vertroud was met al die paadjies, skielik van oral oor gelyktydig van ver af op die Romeine losgebrand het, en toe hulle geen weerstand ondervind nie, die verwoesting van naby af voortgesit het.

Daar word ook beskryf dat Varus en sy bevelvoerders so gevrees het dat hulle gevange geneem sou word of dood gemaak sou word, dat hulle besluit het om hulself om die lewe te bring. Toe dit bekend geword het dat hulle leier homself om die lewe gebring het, het die krygsmag oorgegee en van die soldate het hulle leier se voorbeeld gevolg terwyl ander hulle wapens weggegooi en oorgegee het. Vlug kon hulle nie, selfs al wou hulle.

Arminius sou bewus gewees het dat die Germaanse troepe geen kans gestaan het teen die Romeine as hulle in 'n oop terrein moes veg nie. Vir die aanval het hulle dus gewag totdat die Romeinse troepe gedwing is deur die wilde natuur om uitgestrek in 'n lang ry te loop en het hulle so geprobeer om die troepe van mekaar te skei.

Volgens Cassius Dio het die aanval vier dae en drie nagte geduur, terwyl Varus geprobeer het om die Ryn te bereik. Die eerste twee nagte was hy in staat om in die nag kamp op te rig, maar teen die vierde dag Cassius Dio 56,21,3 (engels). was die stryd gewonne.

Die Romeinse geskiedkundige Publius Cornelius TacitusTacitus, Annalen 1,61,2–3 (Wikipedia vertaling is uit Duits gedoen) beskryf hoe die slagveld gelyk het toe Germanicus dit in die jaar 15 n.C. gevind het:

Die eerste kamp van Varus kon deur sy grootte en hoe die hoofgebied gemerk was, uitgeken word as die werk van drie legioene. Langsaan kon 'n mens aan die half ineengestorte mure en die vlak grafte die plekke sien waar die res byeen gekom het. In die middel van die oop veld het verbleikte bene óf versprei óf in hope gelê, afhangende of dit van die vlugtelinge of van die troepe afkomstig was. Daarnaas het stukkende wapens en ook perde-karkasse gelê en aan boomstamme was skedels vasgemaak. In die nabyheid het altare van die barbare gestaan, waar Tribune en Centurions (Romeinse offisiere) geslag is.

Die twee legioene wat deur Varus se kleinnefie Lucius Nonius Asprenas gelei is, het ontkom aan die debakel. Volgens Paterculus het hulle teruggekeer na die Ryn en die vlugtelinge gehelp.

Nagevolg Volgens die Romeinse geskiedkundige Suetonius was Keiser Augustus so geskud deur die nuus van die nederlaag dat hy herhaaldelik sy kop teen die mure van sy paleis gestamp het en geskree het Quintili Vare, legiones redde! ('Quintilius Varus, gee my Legioene terug!').

Die nommers van die drie legioene wat uitgewis was is nooit weer gebruik nie. Dit is 'n unieke gebeurtenis in die geskiedenis van die Romeinse Ryk.

Hierdie oorlog het 'n 40-jarige periode van Romeinse uitbreiding stopgesit wat na die einde van burgeroorloë begin het. Augustus se stiefseun, Tiberius, het by hom oorgeneem en gereed gemaak vir verdere oorloë.

Die Germane het tot 'n groot mate voordeel getrek uit die oorwinning en het geleidelik begin om na 'n hoër ontwikkelingsvlak te beweeg, alhoewel hulle ver was van politieke eenheid. Daar word vermoed dat dit die doel was van Arminius, wat onmiddellik na die slag Arminius Varus se kop aan die Germaanse leier Marbod, koning van die Marcomanni gestuur, wie dit dan terug na Varus se familie in Rome gestuur het en in die oorlog wat op die slag gevolg het, neutraal gebly het.

Die uitwerking van die Romeinse nederlaag

Germane Die oorwinning van die Varusslag was die resultaat van fyn beplanning wat die optrede van die Romeine, onder deeglik uitgewerkte omstandighede, uitstekend voorspel het. Dit was verder indrukwekkend dat Arminius daarin geslaag het om oor die jare 'n koalisie uit ten minste elf Germaanse stamme te vorm, ten spyte van die feite dat die Germaanse stamme welbekend was vir hulle onafhanklikheid en onwilligheid om in 'n groep saam te werk.

As wraak teen Arminius se aanval, het die Romeine onder leiding van Germanicus nog 'n paar aanvalle geloods teen die Germane, voordat die Romeine teen 16 n.C. finaal uit die gebied onttrek het. Die Germane het hul vryheid geniet, alhoewel handel tussen die Romeine en die Germane in hierdie gebied basies doodgeloop het omdat geen handeldrywers vanuit die Romeinse gebied meer na Germanië gekom het nie http://www.welt.de/kultur/article3000360/Wie-die-Deutschen-die-Varusschlacht-zurechtbogen.html

Romeine