Die Khanaat van Sibir was ’n Tartaarse khanaat in die latere Siberië. Dit is bewoon deur die Siberiese Tartare, Chanti, Mansi, Nenets en Selkoep.
Geskiedenis duimnael|links|300px|Jermak se Verowering van Siberië, deur Wasili Soerikof. Die khanaat is in die 15de eeu gestig toe die Mongole van die Huis van Djotsji aan die verbrokkel was. Die oorspronklike hoofstad was Tsjimgi-Toera. Die eerste khan was Taiboega en hy is opgevolg deur sy seun Choja or Hoca, wat weer deur sy seun Mar opgevolg is.
Die Beleg van Kazan deur die Russe in 1552 het die destydse khan Jadigar aangespoor om vriendskaplike betrekkinge met Moskou aan te knoop. Hy is egter na jare van oorlog deur Koetsjoem verslaan, wat toe khan geword het.
Verowering van Sibir Oor die volgende 14 jaar het Rusland die khanaat geleidelik verower. In 1598 is Koetsjoem op die oewers van die Ob-rivier verslaan en dit het ’n einde aan sy bewind gebring.
Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Khanate of Sibir Forsyth, James. A History of the Peoples of Siberia: Russia's North Asian Colony 1581–1990. Cambridge University Press, 1992. http://www.ozturkler.com/data_english/0003/0003_10_11.htm http://pandora.cii.wwu.edu/vajda/ea210/tatar.htm http://timelines.ws/countries/SIBERIA.HTML
Eksterne skakels Siberiese Tartare Ermak Russiese verowerings 1580–1760
Kategorie:Geskiedenis van Rusland Kategorie:Siberië