Georgetown 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Provinsie Demerara-Mahaica Koördinate  Stigting 1781 Oppervlakte:    - Totaal 50 vk km  Hoogte bo seevlak 0 m Bevolking:    - Totaal (2012) 118 363  - Bevolkingsdigtheid  - Metropolitaanse gebied 354 964 Tydsone UTC −4 (GYT) Burgemeester Hamilton Greene

Georgetown is die hoofstad en grootste stad van Guyana en is in die noorde van dié land geleë. Die stad het in 2012 'n bevolking van 118 363 en van 354 964 in die Metropolitaanse gebied gehad. Georgetown is aan die Demerara-rivier se uitmonding in die Atlantiese Oseaan geleë.

Geskiedenis duimnael|links|Die Guyaanse parlementsgebou in Georgetown Georgetown is van 1781 tot 1784 tydens die Franse besetting van die Essequibo- en Demerara-kolonie gestig en toe Longchamps genoem. Nadat die kolonie aan die Nederlanders teruggegee is, is die stad herdoop na Stabroek, na Nicolaas Geelvinck, Lord of Stabroek, wat hoof van die WIC-goewerneur was.

Die kolonie Essequibo en Demerara is van 1796 tot 1802 en later van 1803 tot 1814 deur Britse troepe beset. In 1812 kry die stad sy huidige naam, Georgetown, na die Britse koning George III. In 1814 is die kolonies amptelik na die Verenigde Koninkryk oorgeplaas.

Verwysings na die Vlaamse stadsnaam kan nog steeds in die moderne Georgetown gevind word. Die groot mark by die hawe heet Stabroek Market, en 'n groot dagblad word The Stabroek News genoem.

Tydens die Krieketwêreldbeker 2007, die T20I-wêreldbeker 2010, die T20I-vrouewêreldbeker 2018 en die T20I-wêreldbeker 2024 is Georgetown se Providencestadion vir wedstryde gebruik.

Eksterne skakels

Kategorie:Geografie van Guyana Kategorie:Kusstede