Windsorton (voorheen Hebron) is 'n landboudorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is in die Vaalharts-besproeiingskema geleë op die oewer van die Vaalrivier.

Geskiedenis Die dorp is aanvanklik gestig as 'n sendingstasie genaamd Hebron. Nadat diamante egter in die omgewing ontdek is het prospekteerders dit toegestroom en die dorp het in 'n delwerskamp ontaard.

Die dorp is later vernoem na PF Windsor, die oorspronklike eienaar van die grond, wat baie bygedra het tot die ontwikkeling van die dorp.

Daar word reeds in 1891 na die dorp as Windsorton verwys in die doopinskrywing van Barkly-Wes se St. Mary's Anglikaanse Kerk met die doop van Martha Emily BROOKS op 7 AUG 1891. Volgens haar doopinskrywing is sy op 14 JUL 1891 te Windsorton gebore.Doop van Martha Emily BROOKS op 7 AUG 1891 te St. Mary's Anglikaanse Kerk, Barkley-Wes.https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:33SQ-GT7T-976N?i=448&wc=SFV7-4WB%3A44975801%2C52325201%2C58992401%2C59073501&cc=1468076

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap