Hierdie artikel handel oor die rivier in Rusland. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Don-rivier (dubbelsinnigheid).
Die Don (Russies: Дон) is een van die belangrikste riviere in Rusland. Dit ontspring in die dorp Nowomoskofsk, 60 km suidoos van Toela (suidoos van Moskou), en vloei omtrent 1 950 km ver na die See van Azof.
Van sy bron af vloei die rivier suidoos na Woronezj, dan suidwes na sy mond. Die belangrikste dorp aan die Don is Rostof aan die Don en sy belangrikste sytak die Donets.
Geskiedenis duimnael|Don Argeologiese ontdekkings by Kostenki dui op beskawings wat 40 000 jaar gelede hier gewoon het. In die antieke tyd is die rivier beskou as die grens tussen Europa en Asië. In die tyd van die antieke Skitië was dit in Grieks bekend as die Tanaïs, en dit was sedertdien ’n belangrike handelsroete.
Die moderne naam kom van die Skitiese (Oos-Irannese) Dānu, "rivier". Die naam van die Don-Kosakke, wat die vrugbare vallei van die rivier in die 16de en 17de eeu beset het, kom van die rivier af.
Damme en kanale By sy mees oostelike punt kom die rivier naby aan die Wolga-rivier, en die Wolga-Don-kanaal (lengte sowat 105 km) wat die twee riviere verbind, is ’n belangrike waterweg. Die watervlak van die Don word in hierdie gebied verhoog deur die Tsimljansk-opgaardam.
Verwysings
Nota Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Don River (Russia)
Kategorie:Riviere in Rusland