Abraham (Hebreeus: ‏אַבְרָהָם, Awraham; Arabies: إبرَاهِيم, Ibrahim) is 'n man wat in die Tanag van die Jode, in die Bybel van die Christene en in die Koran van die Moslems voorkom. In al die boeke word hy as die stamvader van die volk Israel, Arabiere en Christene gesien. Daarom word die Jodedom, die Christendom en die Islam ook Abrahamitiese gelowe genoem.

Abraham en sy vrou Sara was die ouers van Isak. Hy het ook 'n seun genaamd Ismael by Hagar, Sara se slawin, gehad, asook ander kinders by Ketura, met wie hy na Sara se dood getroud was. Hy is ook die oupa van Jakob en Esau.

Abraham het sy kinderjare in die stad Ur van die Galdeërs deurgebring.

Sien ook Abraham in Islam Lys van persone in die Bybel

Eksterne skakels

Kategorie:Bybelse mense in Islam Kategorie:Heiliges in die Christendom Kategorie:Profete van Islam Kategorie:Stamvaders uit die Hebreeuse Bybel Kategorie:Geboortes in 1813 v.C. Kategorie:Sterftes in 1638 v.C. Kategorie:Stamvaders uit die Ou Testament