Palau (), amptelik die Republiek Palau (Engels: Republic of Palau, Palauaans: Beluu er a Belau), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië net noord van die ewenaar, sowat 800 km oos van die Filippyne en 3 200 km suid van Tokio. Aangesien dit in 1994 ontstaan het uit Verenigde Nasies trusteeskap (geadministreer deur die Verenigde State), is dit een van die wêreld se jongste en kleinste soewereine lande. In Engels word die naam soms as Belau gespel in ooreenstemming met die inheemse uitspraak. Dit is voorheen ook as Pelew gespel. Nelson's World Gazetteer en Geographical Dictionary, ed. J. Gunn, Thomas Nelson and Sons Ltd, Londen, 1935 Palau bestaan uit sowat 340 eilande van die Karoline-eilande; die aangrensende Gefedereerde State van Mikronesië beslaan die ander deel van dié argipel.
duimnael|links|Kaart van Palau duimnael|links|Kaart van Palau se 16 deelstate Palau beslaan 'n oppervlakte van 459 km² en het 'n bevolking van sowat 21 500 in 2016 gehad. Palau is in die ooste van die Filippyne, in die noordooste van Indonesië, in die noordweste van Papoea-Nieu-Guinee en in die weste van die Gefedereerde State van Mikronesië geleë. Die hoofstad is Ngerulmud en die grootste stad is Koror.
As gevolg van die Spaans-Amerikaanse Oorlog is die argipel in 1899 deur Spanje aan die Duitse Keiserryk verkoop en by Duits-Nieu-Guinee ingelyf. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is dit deur Japan beset en het na die oorlog 'n Volkebond-mandaat geword. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is dit deur die Verenigde State beset en het in 1947 'n trougebied van die Verenigde Nasies geword. Palau het op 1 Oktober 1994 'n Verdrag oor vrye assosiasie met die Verenigde State onderteken, waarmee dit 'n onafhanklike land geword het. Die Verenigde State is nog steeds vir die verdediging van Palau verantwoordelik.
Palau is onderverdeel in 16 deelstate: Deelstaat Oppervlakte (km²) 2012-sensus 27px Aimeliik44281 27px Airai592 537 27px Angaur8,06130 27px Hatohobei0,910 27px Kayangel1,776 27px Koror60,5211 670 27px Melekeok26300 27px Ngaraard34453 27px Ngarchelong11,2281 27px Ngardmau34195 27px Ngaremlengui68310 27px|raam Ngatpang33257 27px Ngchesar43287 Ngiwal17226 27px Peleliu22,3510 27px Sonsorol3,142
Verwysings
Bronnelys Algemeen
Eksterne skakels
Amptelike regeringswebwerf
Kategorie:Voormalige Duitse kolonies Kategorie:Voormalige Japannese kolonies Kategorie:Voormalige Spaanse kolonies