300px|regs|duimnael|Waldemar Kurpiński en Tress se Jazz-orkes
Jazz is 'n gewilde musiekgenre wat sy oorsprong in die swart gemeenskappe van New Orleans in die Verenigde State het. Dit het in die laat 19de en vroeë 20ste eeu ontwikkel uit blues en ragtime.
Dit behels 'n prominente vokale melodie wat vergesel word deur kitaar-, trom- en baskitaarklanke. Jazz is deur legendes soos Miles Davis, Pat Metheny en Alice Babs ontwikkel.
Etimologie en definisie duimnael|Die Amerikaanse jazz komponis, liriekskrywer en pianis Eubie Blake het 'n vroeë bydrae tot die genre se etimologie gemaak
Die oorsprong van die woord jazz was al die onderwerp van aansienlike navorsing gewees, en die geskiedenis daarvan is goed gedokumenteer. Die woord is vermoedelik verwant aan jasm, 'n term wat dateer uit 1860. Die vroegste geskrewe gebruik van die woord kom voor in 'n artikel uit 1912 in die Los Angeles Times.
Die gebruik van die woord in 'n musikale konteks is reeds in 1915 in die Chicago Daily Tribune gedokumenteer. Geargiveer by die Observatoire Musical Français, Parys-Sorbonne Universiteit. Die eerste gedokumenteerde gebruik daarvan in 'n musikale verband in New Orleans was in 'n Times-Picayune-artikel van 14 November 1916 wat handel oor jas bands. Tydens 'n onderhoud het die musikant Eubie Blake sy herinneringe betreffende die konnotasies van die term aangebied en gesê: "Toe Broadway dit begin gebruik het, het hulle dit 'J-A-Z-Z' genoem. Dit is nie so gespel nie, dit is gespel as 'J-A-S-S'. Dit was 'n kras uitdrukking, en indien jy geweet het wat dit beteken sou jy dit nie voor dames geuiter het nie." Die Amerikaanse Dialek-genootskap het dit as die woord van die 20ste eeu gekies.
Jazz is moeilik om te definieer omdat dit 'n wye verskeidenheid musiek wat oor 'n tydperk van meer as 100 jaar strek omvat, van ragtime tot die rock-geïnspireerde jazz fusion. Daar is ook gepoog om jazz te definieer vanuit die perspektief van ander musikale tradisies, soos die Europese musiek tradisie en -geskiedenis of Afrika-musiek. Die kritikus Joachim-Ernst Berendt voer egter aan dat die definisie en verwysingsveld daarvan wyer moet wees, Joachim E. Berendt. The Jazz Book: From Ragtime to Fusion and Beyond. Vertaal deur H. en B. Bredigkeit met Dan Morgenstern. 1981. Lawrence Hill Books, p. 371.en definieer jazz as 'n "vorm van kunsmusiek wat in die Verenigde State ontstaan het deur die konfrontasie van die negers met Europese musiek". Hy argumenteer dat dit van Europese musiek verskil. Jazz behels " 'n spontaniëteit en lewenskragtigheid van musikale produksie waarin improvisasie 'n rol speel", en bevat 'n "sonoriteit en manier van frasering wat die individualiteit van die betrokke jazz musikant weerspieël". Volgens Robert Christgau, "sou die meeste van ons sê dat die skepping van betekenis, terwyl daar terselfdertyd losgelaat word, die essensie van jazz is."
'n Breër definisie wat verskillende eras van jazz omvat is deur Travis Jackson voorgestel: "dit is musiek wat kwaliteite insluit soos swing, improvisasie, groepinteraksie, die ontwikkeling van 'n 'individuele stem' en ontvanklikheid vir verskillende musikale moontlikhede." Krin Gibbard het aangevoer dat "jazz 'n konstruksie is" wat " 'n aantal tipe vorme van musiek omvat wat genoeg in gemeen het om beskou te word as deel van 'n samehangende tradisie". In teenstelling met kommentators wat aangevoer het dat sekere tipes jazz uitgesluit moet word, is musikante soms huiwerig om die musiek wat hulle speel te definieer. Duke Ellington, een van jazz se bekendste figure, het gesê: "Dit is alles musiek."
Kenmerke
Improvisasie Alhoewel jazz as moeilik definieerbaar beskou word, is dit deels omdat dit baie subgenres bevat. Improvisasie is een van die belangrikste elemente daarvan. Die belang van improvisasie word toegeskryf aan die invloed van vroeëre vorme van musiek soos blues, 'n vorm van volksmusiek wat deels ontstaan het uit die gebruike van Afro-Amerikaanse slawe op plantasies. Kulturele verskynsels, soos liedjies wat tydens werksverpligtinge gesing is, was gewoonlik gestruktureer rondom 'n herhalende patroon, maar vroeë blues was ook improvisasie. Klassieke musiek se opvoering word in meerdere mate geëvalueer deur die getrouheid daarvan aan die musiekpartituur, met minder aandag aan interpretasie en begeleiding. Die klassieke kunstenaar se doel is om die komposisie te speel soos dit geskryf is. Daarenteen word jazz dikwels gekenmerk deur die produk van interaksie en samewerking, waardeur die bydrae van die komponis, indien daar een is, minder belangrik geag word, met meer waarde wat geheg word aan die vertolking en improvisasie van die uitvoerder. Giddins 1998, 70. Die jazzspeler vertolk 'n deuntjie op individuele wyse en speel nooit dieselfde komposisie twee keer nie. Afhangend van die atmosfeer, ervaring en interaksie van die kunstenaar met ander lede van die musiekgroep of persone uit die gehoor, kan die kunstenaar melodieë, harmonieë en tydaanwysing verander. Giddins 1998, 89. Tydens die vroeë jare in Dixieland, d.w.s. New Orleans-jazz, het kunstenaars om die beurt melodieë gespeel en teen-melodieë geïmproviseer. In die swing-era van die 1920's-40's het groot groepe meer vertroue geplaas in rangskikkings wat by wyse van geheue geskryf en gememoriseer is. Soliste het op hierdie rangskikkings geïmproviseer. In die bebop-era van die veertigerjare het hierdie groot groepe plek gemaak vir klein groepies met minimale rangskikkings, waarin die melodie aan die begin kort weergegee is, en die grootste deel van die stuk daarna geïmproviseer word. Modale-jazz het akkoordprogressies laat vaar, ten einde musikante meer spasie vir improvisasie te laat. In baie vorme van jazz word 'n solis ondersteun deur 'n ritme-afdeling van een of meer instrumente (klavier, kitaar), kontrabas, en tromme. Die ritme-afdeling speel akkoorde en ritmes wat die struktuur van die komposisie uiteensit en die solis komplementeer. Jazz Drum Lessons – Drumbook.org In avant-garde- en free jazz word die skeiding tussen die solis en orkes verder verminder, en is dit toelaatbaar, of selfs 'n vereiste, dat akkoorde, toonlere en meters versaak word.
Tradisie en ras Vorme van jazz wat kommersiëel georiënteerd is of beïnvloed is deur populêre musiek is sedert die opkoms van bebop skerp gekritiseer. Volgens Bruce Johnson bestaan daar sedert die vroegste tye 'n mate van "spanning tussen jazz as kommersiële musiek, en as kunsvorm" .In Review of The Cambridge Companion to Jazz deur Peter Elsdon, FZMw (Frankfurt Journal of Musicology) No. 6, 2003. Tradisionele jazz entoesiaste het bebop, free jazz, en jazz fusion afgemaak as vorme van aftakeling en as verraad teenoor jazz. 'n Alternatiewe oogpunt is dat jazz diverse musiekstyle kan absorbeer en transformeer. deur Andrew Gilbert, Metro Times, 23 Desember 1998. Die afwesigheid van jazz-norme gee derhalwe aanleiding tot avant-garde style.
Sommige swart Amerikaners is van mening dat jazz die aandag vestig op hul bydrae tot kultuur en geskiedenis. Dit is egter ook so dat blanke jazz musikante mettertyd in die midweste en in ander gebiede van die Verenigde State hul opgang gemaak het. Papa Jack Laine, wat aan die hoof gestaan het van die Reliance band in New Orleans gedurende die 1910's, is "die vader van blanke jazz" genoem. Die Original Dixieland Jazz Band, wie se lede almal blank was, was die eerste jazz groep om opnames te maak. Bix Beiderbecke was een van die mees prominente jazz soliste gedurende die 1920's. Die "Chicago Styl" is ontwikkel deur blanke musikante soos Eddie Condon, Bud Freeman, Jimmy McPartland en Dave Tough. Andere uit Chicago, soos Benny Goodman en Gene Krupa het leidende lede van swing gedurende die 1930's geword. Baie groepe het beide swart en blanke lede gehad. Hierdie musikante het houdings ten opsigte van ras in die Verenigde State beïnvloed.
Rol van vroue duimnael|regs|175px|Ethel Waters het "Stormy Weather" by die Cotton Club gesing. Vroulike jazzkunstenaars en komponiste het deur die jare heen noemenswaardige bydrae tot jazz gemaak. Alhoewel Betty Carter, Ella Fitzgerald, Adelaide Hall, Billie Holiday, Abbey Lincoln, Anita O'Day, Dinah Washington en Ethel Waters wyd erken is vir hul vokale talent, is komponiste en instrumentaliste soos die pianis Lil Hardin Armstrong, die trompetspeler Valaida Snow en liedjieskrywers soos Irene Higginbotham en Dorothy Fields minder bekend. Vroue het in die vroeë 1920's instrumente in jazz begin bespeel, en veral voor die klavier aandag getrek.
Oorsprong en vroeë geskiedenis Jazz het sy oorsprong in die laat 19de tot vroeë 20ste eeu, toe Amerikaanse- en Europese klassieke musiek vermeng is met volksliedjies uit Afrika en liedjies wat afkomstig was van slawe en onder die invloed gestaan het van kulture wat hul oorsprong in Wes-Afrika het. Die komposisie en styl daarvan is deur die jare verskeie kere gewysig en aangepas, met elke kunstenaar se persoonlike interpretasie en improvisasie, wat ook een van die grootste aantrekkingskragte van die genre is.
Gemengde Afrika- en Europese musikale subtiliteite duimnael|regs|In die 18de eeuse skilderwerk getiteld The Old Plantation, dans Afro-Amerikaners tot die banjo en perkussie. Teen die 18de eeu het slawe in die New Orleans-omgewing bymekaargekom by 'n spesiale mark in 'n gebied wat later bekend sou staan as Congo Square en wat bekend was vir sy Afrika-danse.
Die slawe wat na die Amerikaanse kontinent gebring is was grotendeels afkomstig van Wes-Afrika en die groter Kongorivierkom en het sterk musikale tradisies saam met hulle gebring.. Afrika-tradisies gebruik hoofsaaklik 'n enkellynige melodie en roep-en-antwoord patroon; die ritme beskik oor 'n kontra-metriese struktuur en weerspieël Afrika-spraak patrone.
Volgens 'n verslag uit 1885 het hulle vreemde musiek (Kreools) gemaak op 'n ewe vreemde verskeidenheid "instrumente" soos wasborde, wasbakke, kanne, bokse wat met stokke of bene geslaan is en 'n trommel gemaak deur vel oor 'n meelvat te strek.
Feeste met Afrika-danse en trommespel is tot 1843 by Place Congo of Congo Square in New Orleans gereël. Die primêre instrument was 'n lang smal Afrika-trom. Dit het in verskillende groottes van drie tot agt voet lank gekom, en is voorheen in die Amerikaanse Suide verban. Ander instrumente wat gebruik is was vroeë vorm van die banjo. Baie soorte danse is by Kongo-plein uitgevoer, soos bv. die 'Bamboula'." African American Registry. Daar is historiese relase van ander musiek- en dansbyeenkomste in die suide van die Verenigde State. Die skrywer Robert Palmer het soos volg opgemerk oor perkussie in slawemusiek:
Usually such music was associated with annual festivals, when the year's crop was harvested and several days were set aside for celebration. As late as 1861, a traveler in North Carolina saw dancers dressed in costumes that included horned headdresses and cow tails and heard music provided by a sheepskin-covered "gumbo box", apparently a frame drum; triangles and jawbones furnished the auxiliary percussion. There are quite a few [accounts] from the southeastern states and Louisiana dating from the period 1820–1850. Some of the earliest [Mississippi] Delta settlers came from the vicinity of New Orleans, where drumming was never actively discouraged for very long and homemade drums were used to accompany public dancing until the outbreak of the Civil War.
'n Verdere invloed kom van die harmoniese styl van die kerkhimne, wat swart slawe aangeleer het en in hul eie musiek opgeneem het. . duimnael|regs|Die blackface Virginia Minstrels in 1843, met tamboeryn, viool en banjo Gedurende die vroeë 19de eeu het 'n toenemende aantal swart musikante Europese instrumente leer speel, veral die viool, wat hulle gebruik het om Europese dansmusiek te parodieer in hul eie cakewalk-danse.
Retensie van Afrika ritmes