Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland (sic) (Engels: Afrikaans Christian Church of New Zealand) is 'n Afrikaanstalige kerk met gemeentes in verskeie stede in Nieu-Seeland. Die kerk is in 1998 deur Suid-Afrikaanse immigrante gestig, en het sterk gegroei in die afgelope dekade. Daar was in 2009 nege gemeentes: Auckland, North Shore, Howick, Hamilton, Wellington, Christchurch, Rotoroa, Tauranga en Hawkes Bay.

Geskiedenis Die einde van apartheid het tot grootskaalse emigrasie van Afrikaners na onder andere Nieu-Seeland gelei. 'n Groep emigrante het in 1998 in Auckland byeen gekom en die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland gestig.

Verwysings

Eksterne skakels Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland

Kategorie:Religie in Nieu-Seeland Kategorie:Christendom in Oseanië Kategorie:Kerke