McGregor is 'n Bolandse dorpie in die Wes-Kaap, sowat 150 km oos van Kaapstad in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit geleë.

Geskiedenis duimnael|links|130px|Ds. Andrew McGregor. McGregor het op 17 Desember 1902 van Robertson afgestig en is na hom genoem. Die dorpie is in 1861 gestig en het tot 1905 as Lady Grey bekend gestaan, gedoop na Eliza Grey, die vrou van die destydse goewerneur aan die Kaap, sir George Grey. Die naam is toe verander om verwarring met die gelyknamige Oos-Kaapse dorp te voorkom en ter ere van dominee Andrew McGregor, die eerste Skotse leraar van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat meer as veertig jaar as die NG gemeente Robertson se predikant gedien het in die tyd toe McGregor nog onder Robertson geressorteer het.

Deesdae lok McGregor heelwat inwoners en besoekers danksy die rustigheid, vars lug en omdat sogenaamde alternatiewe denke daar floreer. Die plaaslike, Engelsmedium Waldorf-skool het in 2013 118 leerders van gr. 1 tot matriek gehad en 24 in die twee voorskoolse grade. Die McGregor Primêre Skool het in daardie jaar 435 leerders van gr. R tot gr. 8 gehad. Twee plaasskole het onderskeidelik 34 en 22 leerders gehad.

McGregor is deel van die Wes-Kaapse wynroetenetwerk en ook aan die een punt van die Boesmanskloof-wandelroete, wat die dorpie met Greyton in die suide verbind. Die wandelroete is 14 km lank en die hoogste punt is 750 m bo seevlak.http://www.boesmanskloofmcgregor.com/index.php/boesmanskloof-hiking-trail-mcgregor-greyton-diegalg Die wandelroete gaan oor die Riviersonderendberge.

Flora Die McGregor speldekussing is 'n klein struik (en deel van die Proteaceae- familie), wat hier aangetref word en as kritiesbedreig gelys is.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Attwell, Eric: The village where time stood still. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 26, nr. 2, Desember 1976.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap