TrackIR 5 125px Vervaardiger: Naturalpoint, Inc. Doel: Rekenaarspel hulpmiddel Te koop vanaf: 2001 Rekenaar aansluiting: USB-kabel Metode: Infrarooisensor Huidige versie: 5e generasie (2009)

Die TrackIR is 'n apparaat waarmee virtueel in die kajuit van 'n motor of vliegtuig, binne 'n rekenaarspeletjie, rondgekyk kan word. Dit skep 'n realistiese beeld asof die persoon wat dit gebruik werklik in die vliegtuig of motor sit.

Die apparaat werk met 'n infrarooisensor. Indien 'n opsionele aanknipsensor (Engels: track clip) aan 'n bofbal pet geheg word, kan voor die apparaat gestaan of gesit word. As jy dan jou kop draai boots dit jou rondkyk in die kajuit na.

'n Paar bekende speletjies wat enorm baat gevind het deur die realistiese belewenis daarvan te verbeter is Digital Combat Simulator, Armed Assault en die Flight Simulator-reeks van Microsoft.

Ekstra informasie NaturalPoint Inc. amptelike webwerf Open Source gratis alternatief

Kategorie:Rekenaars