Hierdie artikel handel oor die stad in Noorweë. Vir ander gebruike van die term Bergen, sien gerus Bergen (dubbelsinnig) Bergen
Europese Kultuurhoofstad 2000Europeisk kulturhovedstad 2000Europeisk kulturhovudstad 2000
280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Provinsie (Fylke) 15px Vestland Koördinate Stigting 1070 Oppervlakte: - Totaal 464,71 vk km Hoogte bo seevlak 0–987 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2022) 289 330 - Metropolitaanse gebied (2023) 469 238 - Bevolkingsdigtheid 622/vk km - Taalvorm Onsydig Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat - Tipe Gematigde seeklimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,4 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 2,6 / 15,5 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 2 495,5 mm Burgemeester Marit Warncke (H) Amptelike webwerf bergen.kommune.no
Bergen Noors: [ˈbæ̀rɡn̩], ; histories: Bjørgvin) is met 'n oppervlakte van 464,71 vierkante kilometer en 'n bevolking van 289 330 (soos op 31 Desember 2022) die tweede grootste stad van Noorweë ná die hoofstad Oslo. Dit lê in die Wes-Noorse provinsie (fylke) Vestland en vorm 'n stedelike munisipaliteit (kommune). Bergen is die administratiewe, ekonomiese en kulturele sentrum van Wes-Noorweë, 'n gebied wat die meeste van Noorweë se belangrikste uitvoergoedere soos veral ruolie oplewer, en ook die poort na die Wes-Noorse fjordkus wat deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar is.
duimnael|links|Die Bryggen-kwartier in Bergen Tydens die heerskappy van koning Olav Kyrres (1066–1093) het Bergen die eerste hoofstad van die Noorse koninkryk geword en was tot 1830 die grootste stad in Noorweë. In die Middeleeue was Bergen 'n belangrike handelshawe in Noord-Europa wat onder meer 'n belangrike rol in die stokvishandel met Sentraal-Europa gespeel het. Hanseatiese koopmans uit Noord-Duitsland het eeue lank oor hul eie kantoor, Det Tyske Kontor ("Die Duitse kantoor") in Bryggen, beskik. Bergen het self nooit by die Hanse aangesluit nie. Naas die uitvoer van ruolie speel handel en nywerhede nog steeds 'n belangrike rol. Daarnaas dien Bergen ook as vertrekhawe vir die bekende Hurtigruten na hawestede langs die kuslyn van Wes- en Noord-Noorweë.
As 'n belangrike kulturele sentrum spog Bergen met die eerste nasionale teater wat in Noorweë geopen is en een van die oudste simfonieorkeste ter wêreld, die Filharmoniese Orkes van Bergen wat in 1765 gestig is. Bergen beskik daarnaas oor 'n groot aantal ander kulturele instellings soos museums en is die gasheerstad van die Internasionale Musiekfees van Bergen. Dit is ook die geboortestad van die bekende Noorse komponis Edvard Grieg. Danksy die ryk kuns- en kultuurlewe het Bergen in 2000 as 'n Europese Kultuurhoofstad gefungeer.
Etimologie duimnael|links|Berge in Bergen in die winter Bergen word in Noors uitgespreek as [ˈbæ̀rɡn̩] (in die plaaslike dialek [ˈbæ̂ʁɡɛn]). Die Oudnoorse vorme van dié naam was Bergvin [ˈberɡˌwin] en Bjǫrgvin [ˈbjɔrɡˌwin] (in beide Faroëes en Yslands word die stad steeds Björgvin genoem). Die eerste deel is berg of bjǫrg wat "berg(e)" beteken. Die laaste deel is vin wat na 'n nuwe nedersetting met 'n weiding of weiland verwys. Aldus is die volle betekenis "die weiding tussen die berge". Dit is 'n geskikte naam, aangesien na Bergen dikwels verwys word as "die stad van die sewe berge" (Syvfjellsbyen). Dit was die dramaturg Ludvig Holberg wie só geïnspireerd geraak het van Rome se sewe heuwels dat hy besluit het dat sy tuisstad ook dienooreenkomstig met sewe berge geseënd sou moet wees – en plaaslike inwoners stry steeds watter sewe hulle is.
In 1918 was daar 'n veldtog om die Noorse vorm Bjørgvin as die stadsnaam in te voer. Dit is verwerp – maar as 'n kompromie is die naam van die bisdom verander in Bjørgvin bispedømme.
Geografie en klimaat Ligging duimnael|'n Nagtelike uitsig oor Bergen vanaf die bergpiek Ulriken Die stadsgebied van Bergen beslaan die grootste deel van die skiereiland Bergen in die sentraal-westelike gedeelte van die provinsie Vestland. Die eilande Askøy, Holsnøy en Sotra voor die kus beskerm die stad teen die onstuimige Noorse See, 'n randsee van die Atlantiese Oseaan.
Die stadsentrum word deur 'n groep berge omring wat in die omgangstaal as die syv fjell of "sewe berge" bekend staan – Ulriken, Fløyen, Damsgårdsfjellet, Lyderhorn, Sandviksfjellet, Blåmanen, Rundemanen en Askøyfjellet. In werklikheid is daar meer as sewe bergspitse in die gebied, en dit was moontlik Ludvig Holberg (1684–1754), 'n boorling van Bergen en bekende Noors-Deense skrywer, wat deur die sewe heuwels van Rome geïnspireer is om 'n soortgelyke beskrywing vir die landskap rondom Bergen te gebruik. Op 'n hoogte van 987 meter bo seevlak is Gullfjellet die hoogste bergpiek in Bergen.
Klimaat duimnael|Bergen in die winter Ondanks sy noordelike ligging word Bergen deur 'n gematigde seeklimaat gekenmerk. Die warm Golfstroom, wat vanaf die Karibiese See in noordwaartse rigting vloei, oefen 'n matigende invloed uit sodat Bergen se klimaat net soos ander kusgebiede deur maritieme weerstoestande met relatief milde winters en koel en vogtige somers oorheers word. In teenstelling met die Noorse binneland met sy warm en droë somers en baie koue winters word daar in Bergen nouliks sneeuvalle aangeteken. Met gemiddelde jaarlikse neerslae van sowat 2 000 millimeter is Bergen egter een van die natste plekke in Europa.
Stadskarakter duimnael|Snagse aansig van die Bryggenkwartier Bergen word oorheers deur die Bryggen (letterlik: "(landings)brugge", "kaai" of "hawe"; wat vroeër dikwels ook Tyskebryggen, [ˈtʏ̀skəˌbrʏɡːn̩], "Duitse Brugge", genoem is), 'n uitgestrekte landingsbrug wat tydens die Middeleeue deur Noord-Duitse koopmans as 'n Hanseatiese handelspos in die natuurlike Vågenseehawe opgerig is. Ook 'n aantal ander geboue soos die Mariakerk dateer uit hierdie periode.
Vanweë die verwoestende brande, wat die stad met sy talle houtgeboue in die jare 1702, 1855 en 1916 vernietig het, het die owerhede 'n verbod op die bou van nuwe houthuise geplaas. Die historiese Bryggenkwartier, wat ook verskeie kere deur brande geraak en steeds weer volgens die oorspronklike bouplanne uit die 12de eeu gerekonstrueer is, is die laaste kwartier in die stadsentrum wat oorwegend van hout gebou is. As 'n uitmuntende voorbeeld van Hanseatiese boukuns in Noorweë is Bryggen deur Unesco in 1979 tot wêrelderfenisgebied verklaar.
duimnael|senter|900px|Die Bryggenkwartier op 'n tipiese reënerige dag
Geskiedenis Stigting duimnael|Ulrikenberg, soos gesien vanuit die stadsentrum Bergen is in 1070 deur die Noorse koning Olaf III, wat ook Olaf Kyrre of Olaf die Swygsame genoem is, as 'n vissers- en skaaptelersdorp naby 'n ou Wiking-nedersetting gestig. Die vroegste bekende nedersettings in die gebied het waarskynlik in die 4de eeu ontstaan – die plaas Álreksstaðir aan die voet van die Ulrikenberg het destyds as die hoofkwartier van 'n plaaslike heerser met die naam Alfred gedien.
Bergen het in die loop van die 12de eeu tot die belangrikste seehawe van Noorweë en die sentrum van die Nordiese visserybedryf ontwikkel. Met die stigting van die plaaslike bisdom in 1158 het Bergen ook die geestelike sentrum van Sentraal-Noorweë geword.
Teen die begin van die 12de eeu het die opstandeling Harald IV Bergen ingeneem en die regmatige koning Magnus IV gevange geneem en hom verblind. Ná sy dood is sy seun Sigurd II tot nuwe heerser verklaar, maar het in 1155 in Bergen die slagoffer van 'n moordaanslag geword. Magnus V is in 1162 as sy opvolger verkies en deur die Noorse biskoppe in 1164 in Bergen as koning bekroon. Hy was die eerste Noorse monarg ooit wat amptelik bekroon is, en Bergen is amptelik tot die hoofstad van Noorweë verklaar.
Die heerskappy van Sverre Sigurdsson In 1176 het 'n troonpretendent opspraak begin wek – Sverre Sigurdsson wat deur 'n gedeelte van die bevolking en 'n aantal biskoppe en plaaslike heersers ondersteun is, terwyl koning Magnus V veral die Noorse adel agter hom verenig het. Ná agt jaar se burgeroorlog en die inname van talle stede, waaronder ook Bergen, het Magnus in die Slag van Fimreite naby die huidige stad Sogndal gesneuwel.
Sverre Sigurdsson het sodoende sy grootste teenstander uitgeskakel, maar slegs tien jaar ná sy oorwinning het sy ander teenstanders en nuwe troonpretendente weer 'n bedreiging vir sy heerskappy ingehou. Sverre het die fort Sverresborg laat oprig wat na hom vernoem is. Op 29 Junie 1194 is hy in Bergen as koning van Noorweë bekroon.
In 1197 het sy teenstanders Bergen tydens 'n aanval aan die brand gesteek, en een jaar later het Thorstein Kugad, een van die vyandelike hoofde, Sverre Sigurdsson se skoonseun en jarl Karl Sverkerson, aan wie die stad Bergen toevertrou was, vermoor. Ná sy afsterwe in 1202 is Sverre in die Christuskerk van Bergen (Kristkirken på Holmen) ter ruste gelê.
duimnael|Rosenkrantztårnet (die "Rosenkrantztoring") Sverre se enigste seun Håkon III is as sy opvolger bekroon, maar het die land net twee jaar lank geregeer en is in 1204 moontlik deur sy stiefmoeder vergiftig. Die Noorse burgeroorlog het weer opgevlam, en in 1207 het die Bagler-oorlogsparty Bergen twee keer ingeneem en die fort Sverresborg verniel.
Op 29 Julie 1223 het 'n vergadering in Bergen Håkon IV (1217–1263) se erfreg en aanspraak op die Noorse troon amptelik erken en sodoende 'n einde aan die burgeroorlog gemaak. Die nuwe heerser het vriendskaplike betrekkinge met verskillende Wes- en Suid-Europese nasies gehandhaaf. Sy binnelandse beleid was daarop gemik om die staatsfinansies reg te ruk, wet en orde te herstel en die Noorse staat se geskille met die pousdom te besleg.
Bergen se hoofstadfunksie is omtrent 1260 met die oprigting van 'n reusagtige hal, Håkonshallen, bevestig, waar in die volgende jaar ook die huweliksplegtigheid van Håkon se seun en latere koning Magnus VI Lagabøte ("die Wetgewer") plaasgevind het. Magnus het later 'n wagtoring by die gebou gevoeg wat later as Rosenkrantztårnet bekend gestaan het.
Bergen het tot 1299 as hoofstad van Noorweë gefungeer, toe Håkon V sy permanente setel na Oslo verskuif het, en was veral in die tydperk van die Skandinawiese unies deur sy afgeleë ligging benadeel. Nogtans het Bergen reeds binne 'n kort tydperk ná sy stigting by die verder noordwaarts geleë Trondheim verbygesteek om tot 'n belangrike sentrum vir die handel met Sentraal-Europa te ontwikkel.
Bergen in die Hanse-tydperk duimnael|Stokvis naby die Porsangerfjord in Noorweë. Gedroogde of stokvis was 'n stapelvoedsel in die Middeleeuse Europa, en die stokvishandel was die grondslag vir die welvaart van magtige handelstede soos Lübeck en Bremen duimnael|Die Noord-Duitse koopmans se Schütting in Bergen. Die Nederduitse term Schütting is afgelei van die Noorse skotting en verwys na die vergadersaal van 'n Hanseatiese koopmansgilde duimnael|Repliek van die 15de eeuse kraweel Lisa von Lübeck. Krawele was die Noord-Duitse variant van karvele