regs|duimnael|250px|Wanneer 'n vliegtuig deur lug beweeg ontstaan daar 'n opwaartse stukrag, FL en 'n sleurkrag, FW

Stukrag of hefkrag verwys na die komponent van die aerodinamiese krag op 'n liggaam wat in die rigting loodreg aan die beweging wys. Die komponent van die krag wat parallel aan die beweegrigting is staan algemeen bekend as sleurkrag. Die draaiende skroef van 'n motorboot of skip verskaf 'n stukrag wat in die rigting van die as inwerk. In die geval van 'n bewegende vliegtuig ontstaan daar 'n opwaartse stukrag omdat die vlerk van die vliegtuig 'n sekere invalshoek ten opsigte van die aankomende lug het. 'n Sentrifugale pomp het 'n draaiende stuwer wat 'n stukrag aan die vloeistof wat gepomp word verleen en versnel sodoende die vloeistof in 'n rigting loodreg op die as van die pomp.

Kategorie:Aërodinamika Kategorie:Stromingsleer