duimnael|Hans Hildebrand sit langs die Rök-steen.
Die Rök-steen (Sweeds: Rökstenen; Rundata: Ög 136) is een van die beroemdste runestene en bevat die langste aangetekende runegravering. Dit is naby die kerk in Rök, Östergötland (Swede) geleë en word as die eerste stuk geskrewe Sweedse literatuur geag. Dit merk gevolglik die begin van die geskiedenis van Sweedse letterkunde.Gustafson, Alrik, Svenska litteraturens historia, 2 volums (Stockholm, 1963). Eerste uitgawe as A History of Swedish Literature (American-Scandinavian Foundation, 1961). Hoofstuk 1.Forntid och medeltid, Lönnroth, in Lönnroth, Göransson, Delblanc, Den svenska litteraturen, vol 1.
Aangaande die steen Die steen is in die 19de eeu ontdek waar dit in die muur van die kerk ingebou is. Dit is 'n paar dekades later uit die muur verwyder. Dit is waarskynlik tydens die 800's gegraveer te oordeel aan die runestyl en die aard van die taal. Die steen is aan vyf sye met runes oortrek — dit is al die sye buiten die basis, wat ondergronds sou bly. 'n Paar gedeeltes van die inskripsie is beskadig, maar die meerderheid van die steen bly leesbaar.
Die naam "Rök-steen" is toutologies, aangesien die steen na die nedersetting "Rök" vernoem is, terwyl die nedersetting self na die steen "Rauk" of "Rök" (wat "steen" in Oud-Noors beteken) vernoem is.
Die steen is uniek in die sin dat dit 'n gedeelte van die verlore Noorse mitologie bevat. Dit maak ook 'n geskiedkundige verwysing na die Ostrogotiese koning Feodor die Grote.
Die gravering is op twee maniere gedeeltelik geënkripteer: deur verplasing en deur die gebruik van spesiale koderunes. Die inskripsie is moontlik opsetlik moeilik leesbaar: miskien as deel van die magiese ritueel, of dalk bloot net om die graveerder se runevaardighede af te wys.
Inskripsie Die volgende is 'n transliterasie van die runes:
aft uamuþ stonta runaR þaR n uarin faþi faþiR aft faikion sunu sakum| |mukmini þat huariaR ualraubaR uaRin tuaR þaR suaþ tualf sinum uaRin| |numnaR t ualraubu baþaR somon o umisum| |monum ' þat sakum onart huaR fur niu altum on urþi fiaru miR hraiþkutum auk tu miR on ub sakaR raiþ| |þiaurikR hin þurmuþi stiliR flutna strontu hraiþmaraR sitiR nu karuR o kuta sinum skialti ub fatlaþR skati marika þat sakum tualfta huar histR si kunaR itu| |uituoki on kunukaR tuaiR tikiR suaþ o likia ' þat sakum þritaunta huariR tuaiR tikiR kunukaR satin t siulunti fiakura uintur at fiakurum nabnum burnR fiakurum bruþrum ' ualkaR fim ra=þulfs| |suniR hraiþulfaR fim rukulfs| |suniR hoislaR fim haruþs suniR kunmuntaR fim (b)irnaR suniR * nuk m--- (m)-- alu --(k)(i) ainhuaR -þ... ...þ … ftiR fra sagwm| |mogmeni (þ)ad hOaR igOldga OaRi gOldin d gOonaR hOsli sakum| |mukmini uaim si burin| |niþR troki uilin is þat knuo knati| |iatun uilin is þat (n)(i)(t) akum| |mukmini þur sibi uiauari ul niruþR
Die volgende is 'n transkripsie van die runes in die vroeë 9de eeuse Oud-Oosnoors (Sweedse en Deense) dialek van Oud-Noors:
200px|regs|duimnael|Die vooraansig van die steen. Die begin van die inskripsie word gelees wanneer die leser sy kop na links draai.
Die volgende is 'n transkripsie van die runes in die klassieke 13de eeuse Oud-Wesnoors (Noorse en Yslandse) dialek van Oud-Noors:
Vertaling Die volgende is een vertaalde weergawe van die teks: die meeste navorsers stem oor die wyse van die vertaling saam, maar die interpretasie daarvan bly 'n debatspunt. Die eerste gedeelte is in ljóðaháttr-metrum geskryf.
300px|regs|duimnael|Die steen word onderdaks beskut en staan naby die kerk waarin dit ontdek is.
Ter nagedagtenis aan Vémóðr / Vámóðr staan hierdie runes. En Varinn het hulle ingekleur, die vader, ter nagedagtenis aan sy oorlede seun.
Ek vertel die volksverhaal: aan die jongmanne, wat die 2 oorlogsbuite was, wat 12 keer as oorlogsbuit geneem is, albei saam van verskillende manne.
Ek vertel tweedens: wie 9 geslagte gelede sy lewe saam met die Hreið-gote ingeboet het; en saam met hulle omgekom het vir sy skuld.
Þjóðríkr die dappere, hoof van seekrygers, regeer oor die kus van die Hreið-see. Nou sit hy gewapen op sy Goth[iese perd], sy skild vasgegord, die prins van die Mærings.
Ek vertel dit as 12de: waar die perd van Gunnr voer sien op die slagveld, waar 20 konings lê.
Ek vertel dit as 13de: watter 20 konings vier winters [lank] op Sjólund gesit het, van vier name, gebore uit vier broers: vyf Valkis, seuns van Hráðulfr, vyf Hreiðulfrs, seuns van Rugulfr, vyf Háisl, seuns van Hôrðr, vyf Gunnmundrs / Kynmundrs, seuns van Bjôrn.
Nou vertel ek die verhale volledig. Iemand …
Ek vertel die volksverhaal: aan die jongmanne, wat van die geslag van Ingold deur 'n vrou se offerhande terugbetaal is.
Ek vertel die volksverhaal: aan die jongmanne, vir wie 'n naverwant gebore is, vir 'n dapper man. Dit is Vélinn. Hy kon 'n reus verpletter. Dit is Vélinn … [Nit]
Ek vertel die volksverhaal: vir die jongmanne, Þórr. Sibbi van Vé, 90-jarige, verwek ['n seun].
Sien ook Rundata
Bronne Bugge, Sophus: Der Runenstein von Rök in Östergötland, Schweden, Stockholm 1910 von Friesen, Otto: Rökstenen, Uppsala 1920 Grönvik, Ottar: Runeinnskriften på Rökstenen in Maal og Minde 1983, Oslo 1983 Gustavson, Helmer: Rökstenen (saamgestel deur Riksantikvarieämbetet), Uddevalla 2000, Jansson, Sven B.F.: Runinskrifter i Sverige, Stockholm 1963, 3de uitgawe in 1984 Rydberg, Viktor: Om Hjältesagan å Rökstenen, Stockholm, 1892; vertaal as "The Heroic Saga on the Rökstone" deur William P. Reaves, The Runestone Journal 1, Asatru Folk Assembly, 2007. Schück, Henrik: Bidrag till tolkningen af Rökstenen in Uppsala Universitets årsskrift, Uppsala 1908 Ståhle, Carl Ivar en Tigerstedt, E.N.: Sveriges litteratur. Del 1. Medeltidens och reformationstidens litteratur, Stockholm 1968 Wessén, Elias: Runstenen vid Röks kyrka, Stockholm 1958
Verwysings
Eksterne skakels
Brandt, Troels: Rök-steen, raaisels en antwoorde
Kategorie:Runestene