Erfurt 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Thüringen Koördinate  Stigting (eerste verwysing) 742 Stadstatus 1120 Oppervlak:    - Totaal 269,91 vk km  Hoogte bo seevlak 194 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2022) 214 969  - Bevolkingsdigtheid 796/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Gematigde seeklimaat www.klimadiagramme.de – Erfurt  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,9 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie -1,1 / 16,8 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslag 500 mm Burgemeester Andreas Horn (CDU) Amptelike webwerf erfurt.de

Erfurt (Duits: [ˈɛrfʊrt], ) is die administratiewe hoofstad van die Duitse deelstaat Thüringen en met 'n oppervlakte van 269,17 vierkante kilometer en 'n bevolking van 213 699 (soos op 31 Desember 2018) ook die grootste stad in dié deelstaat.

Erfurt is in die vrugbare Gerarivier-vallei van die Thüringer Bekken geleë. Reeds in 742 het die sendingbiskop Bonifatius in 'n brief aan pous Sagarias na die gunstige ligging van die destydse nedersetting Erphesfurt verwys en die stigting van 'n bisdom voorgestel. Erfurt het later tot die geestelike sentrum van Thüringen ontwikkel. Die ligging by die kruispunt van ou Duitse en Europese handelspaaie, uitgebreide handelsbetrekkinge en sy status as markstad het net soos die bestaan van 'n koninklike palts die groei van Erfurt tot die beduidendste stedelike sentrum in Thüringen verseker, alhoewel dit in politieke opsig eers in 1944 deel van Thüringen geword het (die stad was 'n besitting van die Keurvorstedom Mainz en vanaf 1802 van Pruise). Die plaaslike universiteit, wat in 1392 gestig is, is op twee na die oudste akademiese instelling in Duitsland, met die latere reformator Martin Luther as sy bekendste student.

Erfurt beskik oor 'n byna volledig bewaarde historiese stadskern uit die Middeleeue met 'n oppervlakte van bykans drie vierkante kilometer en argitektoniese besienswaardighede soos die Domkerk van Erfurt, die Severikerk, die Kramerbrug (Duits: Krämerbrücke), 25 parogiaalkerke en talle vakwerk- en burgerhuise.

Vandag vorm administrasie en dienste die ekonomiese basis van Erfurt. Naas die openbare uitsaaier Kinderkanal het 'n aantal radiostasies en dagblaaie hulle hoofkwartiere in die stad. Die plaaslike handelskou is naas dié van Leipzig die beduidendste in die nuwe oostelike deelstate van Duitsland. In 2023 is die Joodse middeleeuse erfenis van Erfurt deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Sien ook Lys van Wêrelderfenisgebiede

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Deelstaathoofstede van Duitsland Kategorie:Nedersettings in Thüringen Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Duitsland