Die Sesnasies-toernooi is ’n jaarlikse rugbytoernooi tussen ses Europese spanne: Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis. Die kompetisie word geborg deur die Ierse brouery Guinness. Die huidige kampioen is Frankryk wat die 2026-toernooi gewen het.
Die Sesnasies is die opvolger van die Vyfnasies-toernooi (1910–’31 en 1947–’99) wat op sy beurt die opvolger van die Tuisnasies-toernooi (1883–1909 en 1932–’39) is. Die Tuisnasies-toernooi, gespeel tussen spanne van Engeland, Ierland, Skotland en Wallis, was die eerste internasionale rugbytoernooi.Godwin (1984), bl. 1. Die eerste Tuisnasies Internasionale Toernooi is in 1883 gespeel. Geen ander span van die Noordelike Halfrond het in ’n erkende internasionale wedstryd gespeel totdat Frankryk in 1906 teen Nieu-Seeland gespeel het nie. Daar word soms nieamptelik in die media na die wenner van die Sesnasies-toernooi as die Europese of Noordelike Halfrond-kampioen verwys.
Beide Engeland en Wallis hou die rekord vir die meeste volslae toernooititels van die Tuisnasies, Vyfnasies en Sesnasies-toernooie met 39 titels elk, maar Engeland het met 29 die meeste ongedeelde titels gewen. Sedert die Sesnasies in 2000 ’n aanvang geneem het, het slegs Italië en Skotland die toernooi nog nie gewen nie. Skotland het wel die laaste toernooi van die Vyfnasies in 1999 gewen.
Formaat duimnael|Lande wat aan die Sesnasies-toernooi deelneem Die toernooi word jaarliks gespeel en het ’n eenvoudige formaat: Elke span speel een keer teen elk van die ander vyf spanne met die tuisveldvoordeel wat jaarliks omruil tussen die spanne. Spanne kry vier punte vir ’n oorwinning, twee vir ’n gelykopuitslag en geen vir ’n verlies. Tot in 2017 is bonuspunte in hierdie toernooi nie toegeken nie. Sedert die 2017-toernooi word bonuspunte soos by die Rugbywêreldbeker toegeken: ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag); ’n span verloor met sewe (’n verdoelde drie) of minder.
Indien ’n span al sy wedstryde wen, word gesê dat ’n “Grand Slam” behaal is. Enige van die Tuisnasies wat die drie ander Tuisnasies wen, behaal die “Driekroon”. Hoewel hierdie prestasie lank reeds deel is van die toernooi, is in 2006 vir die eerste keer ’n fisieke Driekroontrofee toegeken. Geen trofee word toegeken vir die span wat aan die einde van die toernooi laaste geëindig het nie, maar daar word gesê dat hulle die “Houtlepel” gewen het. Sedert die eerste Sesnasies-toernooi in 2000 het slegs Engeland en Ierland nog nie die Houtlepel “gewen” nie. Italië het die meeste Houtlepels in die Sesnasies met 18, maar die ander spanne het weens deelname aan die voorafgaande toernooie meer Houtlepels.
Verskeie individuele kompetisies vind plaas gedurende die loop van die toernooi. Die oudste hiervan is die Calcuttabeker wat sedert 1879 jaarliks tussen Engeland en Skotland beslis word. Dit word die Calcuttabeker genoem omdat dit gemaak is van gesmelte Indiese roepees. Sedert 1988 word die Millennium-trofee aan die wenner tussen Engeland en Ierland toegeken en sedert 1989 word die Eeufees-quaich aan die wenner tussen Ierland en Skotland toegeken. Sedert 2007 ding Frankryk en Italië mee om die Giuseppe Garibaldi-trofee; die kompetisie is geskep om die 200ste herdenking van die geboorte van Giuseppe Garibaldi, die Italiaanse held wat Italië help herenig het, te vier. Garibaldi is in 1807 in Nizza (nou Nice), Frankryk, gebore. Sedert 2018 word die Auld Alliansie-trofee tussen Frankryk en Skotland ter nagedagtenis aan die tydens die Eerste Wêreldoorlog gesneuwelde rugbyspelers beslis. In 2019 is die Doddie Weir-beker, genoem na die voormalige Skotse rugbyspeler Doddie Weir wat met Motorneuronsiekte gediagnoseer is, tussen Skotland en Wallis vir die eerste keer beslis. Sedert 2022 word die Cuttittabeker, genoem na die voormalige Italiaanse kaptein en Skotse skrumafrigter Massimo Cuttitta wat in 2021 op 54 aan Covid-19 dood is, tussen Italië en Skotland beslis. Ierland en Frankryk ding sedert 2026 mee om die Solidarity-trofee, wat ter viering van die historiese bande tussen albei lande geskep is.
Voor 1994 het spanne met dieselfde hoeveelheid ligapunte gesamentlik met die louere weggestap. Sedertdien is bepaal dat die span met ’n beter punteverskil die wenner sal wees. Die toernooireëls stel dit ook dat indien spanne op ligapunte en punteverskil gelyk is, die span wat die meeste drieë gedruk het, moet wen. Indien dieselfde hoeveelheid drieë ook gedruk is, word al die betrokke spanne as wenner aangewys. Tot op hede was ligapunte en punteverskil egter voldoende om die wenner te bepaal.
+Tuisvoordeel tydens die Sesnasies Drie tuiswedstryde Twee tuiswedstryde Ewe jare t Engeland t Ierland t Italië t Italië t Skotland t Wallis t Frankryk t Italië t Skotland t Ierland t Wallis t Engeland t Skotland t Engeland t Frankryk Onewe jare t Frankryk t Italië t Skotland t Frankryk t Ierland t Wallis t Ierland t Italië t Wallis t Skotland t Wallis t Engeland t Frankryk t Engeland t Ierland
Trofeë Toernooitrofee duimnael|Sesnasies-toernooi en Driekroon-trofeë Die wenners van die Sesnasies ontvang die Toernooitrofee. Om ’n trofee te gee was oorspronklik die idee van die Graaf van Westmorland en is in 1993 vir die eerste keer oorhandig aan die toernooiwenner Frankryk. Die trofee is van sterlingsilwer, ontwerp deur James Brent-Ward en is gemaak deur ’n span van agt silwersmede van die firma William Comyns in Londen.
Daar is 15 kantpanele wat die vyftien spelers van ’n rugbyspan voorstel, en drie handvatsels wat die drie beamptes (skeidsregter en twee assistentskeidsregters) voorstel. Die beker het ’n kapasiteit van 3,75 liter – genoeg vir vyf bottels sjampanje. In die mahoniehoutbasisis ’n versteekte laai wat ses alternatiewe kruisblomme bevat – elk ’n silwer replika van die spanembleme – wat op die afneembare deksel vasgeskroef kan word.
Driekroontrofee Die Driekroon kan slegs deur Engeland, Ierland, Skotland of Wallis gewen word wanneer een van die vier spanne elk van die ander drie wen gedurende die Sesnasies-toernooi. Die eer van die Driekroon is vir jare reeds deel van die toernooi en dateer terug na die oorspronklike Tuisnasies-toernooi. Die fisiese Driekroon-trofee word egter eers slegs sedert 2006 toegeken. Ierland het in 2023 die Driekroon gewen nadat hulle Engeland, Ierland en Wallis verslaan het.
Vir die toernooi in 2006 het Harry Hooper, hoof van Eksterne Kommunikasie aan die Royal Bank of Scotland (die destydse primêre borg van die toernooi) opdrag gegee aan Hamilton & Inches (wat in Londen en Edinburg gebaseer is) om ’n trofee vir die Driekroon te ontwerp en te skep. Sedertdien is dit sewe keer deur Ierland, vier keer deur Wallis en drie keer deur Engeland gewen.
Ander trofeë duimnael|Die Calcuttabeker word sedert 1879 jaarliks tussen Engeland en Skotland beslis Daar word om verskeie ander trofee deur die loop van die toernooi meegeding, meestal as jarelange wedstryde tussen twee spanne. Calcuttabeker – Engeland teen Skotland; jaarliks sedert 1879. Eeufees-quaich – Skotland teen Ierland; jaarliks sedert 1989; ’n quaich is ’n Keltiese drinkbekertjie. Giuseppe Garibaldi-trofee – Frankryk teen Italië; jaarliks sedert 2007; in nagedagtenis aan Giuseppe Garibaldi, leier in die Unifikasie van Italië gebore in Nice, ’n stad wat in sy leeftyd drie keer tussen Franse en Italiaanse besit gewissel het. Millennium-trofee – Engeland teen Ierland; jaarliks sedert 1988; voorgestel om Dublin se duisendjaarwording in 1988 te vier. Auld Alliansie-trofee – Frankryk teen Skotland; jaarliks sedert 2018; ter nagedagtenis aan die tydens die Eerste Wêreldoorlog gesneuwelde rugbyspelers. Doddie Weir-beker – Skotland teen Wallis; jaarliks sedert 2019; genoem na die voormalige Skotse rugbyspeler Doddie Weir wat met Motorneuronsiekte gediagnoseer is. Cuttittabeker – Italië teen Skotland; jaarliks sedert 2022; genoem na die voormalige Italiaanse kaptein en Skotse skrumafrigter Massimo Cuttitta wat in 2021 op 54 aan Covid-19 dood is. Solidarity-trofee – Frankryk teen Ierland, beide mans en vroue; jaarliks sedert 2026; ter viering van die historiese bande tussen albei lande.
Huidige stadions Soos by die onlangse 2026-kompetisie, sal Sesnasies-wedstryde in die volgende stadions gehou word: Span Stadion Kapasiteit Engeland Twickenham 82 000 Frankryk Stade de France 81 338 Wallis Millennium 73 931 Italië Stadio Olimpico 72 698 Skotland Murrayfield 67 144 Ierland Aviva 51 700
Lofsange Engeland: “God Save the King” Frankryk: “Marseillaise” Ierland: “Amhrán na bhFiann” en “Ireland’s Call” Italië: “Il Canto degli Italiani”, gewoonlik “L’inno di Mameli” genoem Skotland: “Flower of Scotland” Wallis: “Hen Wlad Fy Nhadau”
Uitslae Algeheel duimnael|Frankryk teen Wallis in 2004 duimnael|Die Ierse nasionale rugbyspan nadat hulle die Sesnasies-toernooi in 2009 gewen het
Tuisnasies (1883–1909) duimnael|Rugbywedstryd tussen Engeland en Skotland, ca. 1893 Tuisnasies 1883–1909JaarWenner(s)Grand SlamDriekroonCalcuttabeker1883 Nie beslis nie18841885Nie beslis nieNie beslis nie1886 en – –1887 – –1888, en Engeland het nie deelgeneem nie1889Engeland het nie deelgeneem nie1890 en –189118921893189418951896 –1897Nie beslis nieNie beslis nie1898Nie beslis nieNie beslis nie18991900 –1901190219031904 –19051906 en –190719081909
Vyfnasies (1910–1931) Vyfnasies 1910–1931JaarWennerGrand SlamDriekroonCalcuttabeker1910 – –19111912 en – –191319141915–19Afgestel a.g.v. W.O. I1920, en – –19211922 – –1923192419251926 en – –1927 en – –19281929 – –1930 – – –1931 – –
Tuisnasies (1932–1939) Tuisnasies 1932–1939JaarWenner(2)Grand SlamDriekroonCalcuttabeker1932, en – –1933 –1934 –1935 – –1936 – –1937 –1938 –1939, , – –
Vyfnasies (1940–1999) Vyfnasies 1940–1999JaarWenner(s)Grand SlamDriekroonCalcuttabekerMillennium-trofeeEeufees-ketelrjie1940–46Afgestel a.g.v. W.O. II1947 en – –Nie beslis nie19481949 –19501951 – –19521953 – –1954, en –1955 en – –1956 – –19571958 – – –1959 – – –1960 en –1961 – –1962 – – –1963 – –1964 en – –1965 – –1966 – –1967 – –1968 –1969 –1970 en – –19711972Nie beslis nie1973, , ,, – –1974 – –1975 – –1976197719781979 – –19801981 –1982 – –1983 en – –19841985 –1986 en – –1987 –1988 en –1989 – – –1990199119921993 – –1994 – – –19951996 –199719981999 – –
Sesnasies (2000–vandag) Sesnasies 2000–hedeJaarWennerGrand SlamDriekroonCalcuttabekerMillennium-trofeeEeufees-quaichGiuseppeGaribaldi-trofeeAuld Alliansie-trofeeDoddie Weir-bekerCuttitta-bekerSolidarity-trofeeHoutlepel2000 – – Nie beslis nie Nie beslis nie Nie beslis nie Nie beslis nie Nie beslis nie 2001 – –2002200320042005 2006 –2007 –2008 20092010 – –2011 – –20122013 – –2014 –2015 – –20162017 – –20182019 –2020 –2021 –202220232024–––2025–2026–
Sesnasies Algehele Uitslae sonder Bonuspunte (2000–2016) Speel Wen Gelykop Verloor Punte vir Punte teen Punteverskil Drieë Punte Kamp. Grand Slams Driekroon Houtlepel 85 60 1 24 2350 1327 +1023 245 121 5 2 4 0 85 55 3 27 2080 1536 +544 211 113 5 1 4 0 85 54 2 29 2084 1534 +550 200 110 5 3 1 85 47 3 35 1984 1811 +173 183 97 4 3 3 1 85 21 2 62 1378 2115 −737 102 44 0 0 0 4 85 12 1 72 1239 2792 −1553 105 25 0 0 11
Sesnasies Algehele Uitslae met Bonuspunte (2017–) Speel Wen Gelykop Verloor Punte vir Punte teen Punteverskil Drieë Bonuspunte Punte Kamp. Grand Slams Driekroon Houtlepel 50 34 1 15 1458 1055 +403 174 30 161 3 1 0 50 38 0 12 1399 869 +530 177 34 158 3 2 5 0 50 27 1 22 1316 1082 +234 159 24 138 2 0 1 0 50 25 1 24 1126 1130 –4 150 27 129 0 0 0 0 50 18 0 32 1036 1196 –160 117 29 102 2 1 2 3 50 6 1 43 746 1749 −1003 80 4 31 0 0 7
Langste wag op ’n toernooi-oorwinning duimnael|Italië teen Wallis in 2009 Span Toernooie Jare Seisoen 24 43 1910–1953 24 24 1985–2009 27 27 2000–vandag 27 27 2000–vandag 16 18 1892–1910 11 11 1994–2005
Pas gelede Grand Slam NasieAantalPas gelede Grand Slam1420191220211020224202331990 (Vyfnasies, nog nooit ’n Sesnasies Grand Slam behaal nie)0Nooit
Pas gelede Driekroon