Summer Heart is die soloprojek van die Sweedse sanger-liedjieskrywer en multi-instrumentalis David Alexander Lomelino, wat droompop maak. Hy is veral vir sy nostalgiese lo-fi-klank bekend.
Summer Heart is in 2011 gestig, net nadat David Alexander na Swede teruggekeer het. Sy eerste vrystelling, die Please Stay-EP (2011), het in die blogosfeer baie aandag getrek. Dit het boaan Hype Machine se trefferlyste gestaan en positiewe resensies in koerante wêreldwyd gekry, onder meer in The Guardian en The Star.
Nadat verskeie televisie- en rolprentproduksiemaatskappye sy liedjies begin gebruik het, het een van Summer Heart se snitte op die NBC-televisiereeks Whitney beland, wat hom baie luisteraars buite die blogosfeer besorg het.
Hoewel Summer Heart 'n soloprojek is, tree Alexander meestal saam met vriende op die verhoog op.
Diskografie
Albums About a Feeling (2012) 101 (2017) Still Life (2024)
Enkelsnitte en EP's Please Stay EP (2011) "Never Let Me Go" (2011) My Forever Smile EP (2011) "Hit Me Up Again" (2013) "Sleep" (2014) "Thinkin of U" (2015) "The Forbidden" (2016) "Ambitions" (2020) "Insecurities" (2021) "Oceans" (2021)
Verwysings
Kategorie:Droompop Kategorie:Sweedse musici