duimnael Antonio de Padua María Severino López de Santa Anna y Pérez de Lebrón (21 Februarie 1794 – 21 Junie 1876), dikwels bekend as Santa Anna, was 'n Meksikaanse generaal, politikus en *caudillo* wat by verskeie geleenthede tussen 1833 en 1855 as die agtste president van Meksiko gedien het. Hy was 'n omstrede en sleutelfiguur in die Meksikaanse politiek tydens die 19de eeu en is deur sommige geskiedkundiges as 'n "ongekroonde monarg" bestempel; dié historici verwys na die tydperk van 30 jaar ná Meksiko se onafhanklikwording as die "Era van Santa Anna". In Meksiko word Santa Anna dikwels as 'n *vendepatria* (verraaier van die vaderland) onthou weens die verlies van Meksikaanse grondgebied aan die Verenigde State tydens sy bewind.
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1794 Kategorie:Sterftes in 1876 Kategorie:Presidente van Meksiko