Geestelike Alchemie Alchemie is 'n antieke tradiesie of prosesom basismetal soos 'lood' in edelmetale soos 'goud' te omskep. Maar in spiritualiteit is dit die diep interne proses van persoonlike transformasie, die innerlike proses om emosionele pyn, foute of moeilike lewenservarings in persoonlike groei, wysheid en innerlike krag te omskep, dis 'n interne praktyk. Geestelik verteenwoordig die basismetal soos 'lood' eens se pyn, mislukkings en ontberinge en die edelmetale verteenwoordig eens se wysheid, krag and innerlike vrede.

Geestelike Alchemieis meer soos die natuurlike manier van persoonlike groei, maar dit is meer doelbewus en opsetlik. Dit is die antieke praktyk om fisiese alchemiese tradisies te gebruik. Maar in plaas daarvan om in die laboratorium met chemikalieë te werk, werk 'n geestelike alchemis binne hulself. Hulle poog om hul gedagtes, emosies en ego te suiwer om wysheid en lig te openbaar. Geestelike alchemie moedig 'n geloof in voortekens aan deaur die heelal te beskou as 'n verenigde, onderling gekoppelde lewende organisme waar die innerlike siel en die uitelike wêreld mekaar weerspieël.

Die filosofie bevorder 'n geloof in voortekens deur verskeie kernkonsepte:

Die beginsel van korrespondensie

Geestelike Alchemie is diep gewortel in die Hermetiese Leuses, "soos bo, so onder, soos onder, so bo". Omdat die twee 'n spieël is-- sal 'n verandering in die geestelike realm manifesteer as 'n teken of simbool in die fisiese werêld. 'n Voorteken is basies die fisiese werêld wat 'n geestelike werlikheid weerspieël. Volgens geestelike alchemie is die siel en die heelal verbind en intuïsie is werklik die skielike onderdompeling van die lewel en niks is toevallig nie, alles onder die son is geskryf en beplan.

2. Sinchronisiteit en Betekenisvol Toeval

In die alchemiese tradisie bestaan daar nie so iets soos toeval. Gebeure word nie net deur oorsaak en gevolg verbind nie, maar deur betekenis. Wanneer 'n individu swaar fokus op 'n interne geestelike transformasie, rig die heelal eksterne gebeure in lyn om hulle te help. Voortekens dien as rigtingwysers wat bevestig of 'n persoon op die regte pad is of hul koers moet verander.

3. Die taal van die heelal.

Spirirtuele alchemie leer dat die goddelike nie in menslike tale praat nie, maar in simbole en patrone. Om die siel te transformeer, moet 'n alchemis leer om hierdie simbole te lees. Om in voortekens te glo en aktief daarna te soek, word beskou as die aanleer van die woordeskat van die heelal, wat die soeker toelaat om deel te neem aan 'n tweerigtig-dialoog met die kosmos.