duimnael|Sentrale Vliegskool se wapen in Oktober 1977 op Harvard 7703 duimnael|220px|Kunstenaarsvoorstelling van 62 Lugskool se wapen, WOII duimnael|Harvard reeksnommer 7569 in Gesamentlike Lugopleidingskema-kleurskema van die Tweede Wêreldoorlog duimnael|Harvard reeksnommer 7569 in Gesamentlike Lugopleidingskema-kleurskema van die Tweede Wêreldoorlog Die Sentrale Vliegskool (SVS) van die Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM) is ’n sentrale eenheid waar vlieëniers (insluitende instrukteurs) opgelei word en het oor die jare verskillende tuistes gehad en word tans by Lugmagbasis Langebaanweg gehuisves. Die SVS het ook die naam 62 Lugskool gehad. Nog ’n naam vir die skool was “Sentrale Vlieërskool”. Daar word byvoorbeeld op bladsy 58 van die SA Flyer van Februarie 2003 ’n wapen uitgebeeld wat vanaf die begin van die 1950’s in gebruik geneem is en op die groepfoto van SVS-instrukteurskursus 3/1941 na die “Sentrale Vlieërskool” verwys. Die skool het op verskillende tye ook verskillende vertoonspanne gehad. Die skool het vir ’n groot gedeelte van sy bestaan Harvards bedryf en gebruik tans die Pilatus PC-7.

Geskiedenis Die Sentrale Vliegskool (SVS) is in 1936 gevorm deur die Vliegopleidingskool by Swartkop te hernommer. Die SVS is vanaf 13 November 1939 net vir die opleiding van vlieginstrukteurs gebruik. Die SVS is op 11 Desember 1939 na Kimberley verskuif en daarna (op 27 Mei 1940) na Bloemfonteim (Tempe-vliegveld). Op 11 November 1940 is die SVS ingevolge die Gesamentlike Lugopleidingskema-numeringstelsel as 62 Lugskool hernoem, maar daar is gedurende die oorlogsjare na die skool as die Sentrale Vliegskool verwys. Opleiding by 62 Lugskool is in Januarie 1945 gestaak en die skool is in die tydperk 19 tot 24 Februarie 1945 gesluit.

Die SVS is weer in Julie 1946 by Lugmagstasie Nigel heropen en in 1949 as Dunnottar herdoop. Harvards, Tiger Moths, Dakotas, Venturas en ’n paar Auster Mk 5’s is bedryf. Die hoofrol van die skool was nou ab initio-opleiding. Die eerste Harvard-kunsvliegspan is rondom hierdie tyd gevorm en die span het baie lugvertonings gelewer. Die Tiger Moths is gedurende die vroeë 1950’s uitgefaseer.

Die naam van die eenheid is op 1 Februarie 1968 na Vliegopleidingskool Dunnottar verander, maar die naam "Sentrale Vliegskool" is weer vanaf 1 Januarie 1977 gebruik, met Harvards synde steeds op die inventaris van die eenheid. Daar is met ’n nuwe Harvard-kunsvliegspan begin.

Navigasie-oefeninge regs|duimnael|Harvard 7699 styg by Dunnottar op vir 'n navigasie-oefening oor die mond van die Tugelarivier na Durban en terug. 'n Voorbeeld van so 'n vlug was die lang navigasie-oefening wat circa 1978 van Dunnottar na Durban en terug onderneem is. Die Harvard met die reeksnommer 7699 het aan die einde van die instrukteurskursus by Dunnottar opgestyg en oor die mond van die Tugelarivier na Durban en terug gevlieg.

Laaste vleuelsparade by Dunnottar Die laaste vleuelsparade van die Sentrale Vliegskool (SVS) by Dunnottar het op 10 Desember 1992 plaasgevind, en die SVS het daarna na Langebaanweg verskuif.

Foto’s van die programbrosjure en die verrigtinge

Harvards van die Sentrale Vliegskool

1977 en 1992

Verhuising van die Sentrale Vliegskool na Langebaanweg Nadat die laaste vleuelsparade van die Sentrale Vliegskool by Dunnottar op 10 Desember 1992 plaasgevind het, het die SVS na Lugmagbasis Langebaanweg verskuif, en die eerste kursusse is op 1 Februarie 1993 by Langebaanweg aangebied. Terwyl die SVS by Dunnottar gebaseer was, was die leuse “Ons dade leef”. Hierdie leuse word egter nie by Langebaanweg gebruik nie. Dáár word die leuse van die basis gebruik, naamlik Tenax Propositi Vinco – "Deur volharding kom sukses".

Harvard 7002 Hierdie vliegtuig het voorheen ’n ander reeksnommer in die SALM gehad, naamlik 7529, wat ’n Harvard III was en op 15 April 1970 as deel van Operasie Klawer na die Gaboenese Presidentswag gegaan het. Die masjien is een van twee vliegtuie wat herbou is nadat hulle van Gaboen teruggekeer het. Sy konstruksienommer is 88-15328, sy VSA-reeksnommer was 41-34011 en sy reeksnommer in die Britse Koninklike Lugmag was EZ138. Die vliegmasjien is uit die romp van ex-SALM 7529/ex-Gaboenese “B” herbou.

Harvard 7073 Harvard 7073 is die IIA-variant van die North American Harvard, het die konstruksienommer 88-9844 en was voorheen 41-33254 in die VSA en EX331 in die Koninklike Britse Lugmag.

Harvard 7654 Harvard 7654 is ’n AT-6A met die konstruksienommer 78-6587.

Harvard 7678 Hierdie vliegtuig is ’n SNJ-4 wat oorspronklik tussen Julie 1952 en September 1953 as deel van ’n groep van 65 vernieude AT-6’e/SNJ’s uit die VSA afgelewer is. Sy konstruksienommer is 88-9156 en hy het die VSA-reeksnommer 05-649 gehad.

Die Harvard-vertoonspan Die Harvard-vertoonspan het by verskillende geleenthede opgetree. 1980’s

Twee vliegtuie van die Harvard-kunsvliegspan is op 22 Julie 1989 te Lugmagbasis Bloemspruit vertoon. Hulle het die reeksnommers 7515 en 7024 gehad.

1990’s

Die vliegtuie van die Harvard-vertoonspan het in November 1995 ’n nommer en die 1994- nasionale vlag op die stertvin asook ’n spesiale wapen gehad. Vier van die vliegtuie van die span was Harvards reeksnommers 7111, 7176, 7153 en 7385 (hulle word hieronder op 17 November 1995 by die Sentrale Vliegskool by Langebaanweg gesien). Harvard 7111 “Nelson” was die vliegtuig van die leier van die span, vandaar die “1” op die stertvin van die vliegtuig. Harvard 7176 was die vliegtuig van kaptein Anton Kustner. Hy was vlieënier nommer 2 in die span. Harvard 7153 was die vliegtuig van die derde vlieënier in die span, naamlik majoor Lionel Sawyer. Die vierde vliegtuig in die Harvard-vertoonspan het die reeksnommer 7385 gehad en die vlieënier daarvan was kaptein André Meiring.

SALM 75-formasie in 1995 Harvards het gedurende die vieringe van die SALM se 75ste bestaansjaar in 1995 formasieverbyvlugte in die vorm van die syfer 75 gelewer. geen|duimnael|SALM 75-formasie

Afskeid van die Harvard in November 1995 Die Suid-Afrikaanse Lugmag het in die tydperk 16 tot 18 November 1995 by Langebaanweg van die Harvard afskeid geneem. Gaste het op die 16de aangekom en op die 18de vertrek, en die hoofverrigtinge het op die 17de plaasgevind. Op daardie datum was daar die SALM 75-formasieverbyvlug deur Harvards, ’n massaverbyvlug deur 55 Harvards, ’n formasieverbyvlug deur 16 Harvards en formasielugtoertjies deur die Harvard-vertoonspan. Ná die 55-skip-formasieverbyvlug was daar ’n massa-afskakeling van Harvard-enjins. Daar was ook individuele vertonings deur die SALM-museum se Albatross en Shackleton en vertonings deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Historiese Vlug en die Harvard-klub.

Die Pilatus PC-7 in SALM diens Die Suid-Afrikaans Lugmag het drie Pilatus PC-7’s van die Bophuthatswana-lugmag geërf en 60 PC-7’s van sy eie bedryf. Die SALM se weergawes van die PC-7 was aanvanklik as die Pilatus PC-7 Merk II Astra bekend.

Volgens 75 Years on Wings of Eagles is die Pilatus PC-7’s van die ex-Bophuthatswana-lugmag vir oorbruggingsopleiding van lede van die voormalige TBVC- en Niestatutêre Mag gebruik. Die voormalige Bophuthatswana-vliegtuie het hulle Bop-reeksnommers (T400, T410 en T420) en die Leopards-vertoonspanplakkers behou. Die ex-Bop-vliegmasjiene is later op ’n Pilatus PC-12 ingeruil.

Die eerste Pilatus PC-7 Mk II Astra, nommer 2001, is op 17 Oktober 1994 aan die SVS afgelewer.

Astras van die SVS naby Langebaanweg op 3 Maart 1995

Pilatus PC-7’s in 2004 en 2007

Thabo Mbeki is op 27 April 2004 as Suid-Afrika se president ingehuldig, en die SALM het formasieverbyvlugte oor Pretoria uitgevoer, ook deur Astras van die Sentrale Vliegskool by Langebaanweg.

Op 21 September 2004 het Astras van die Sentrale Vliegskool te Langebaanweg aan die Africa Aerospace and Defence-tentoonstelling by Waterkloof in Pretoria deelgeneem.

In 2007 het Pilatus PC-7 Astra-opleidingsvliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugmag se Sentrale Vliegskool gereeld na die Springbok-vliegveld in die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika gevlieg. Astra reeksnommer 2050 het op 24 Oktober 2007 skynnaderings by Springbok uitgevoer.

Die Silwer Valke-vertoonspan Die oorsprong van die Silwer Valke kan na die Bumbling Bees-vertoonspan teruggevoer word, wat oorspronklik in 1953 gevorm is en in 1966 met die Impala Mk I begin vlieg het. Die span is op 22 November 1967 die Silwer Valke herdoop.

’n Pilatus PC-7 Mk II Astra-vertoonspan het op 13 Mei 1999 begin oefen. Daar is besluit om die Silwer Valke by die Sentrale Vliegskool met Astras te hervorm, en die Astra-vertoonspan is amptelik op 30 Oktober 1999 die Silwer Valke herdoop.

Nadat die vliegtuie van die Silwer Valke jare lank in die standaard opleidingskleurskema bedryf is, is hulle in die kleure van die 1994- nasionale vlag oorgeverf en het nuwe merke ontvang.

Die vliegtuie van die Silwer Valke word hieronder in die standaard opleidingskleurskema (2005 en 2007) en die nuwe kleurskema (September 2013) geïllustreer.

Verwysings