Dr Emilio Giuseppe "Nino" Farina (Turijn, 30 Oktober 1906 – Aiguebelle, 30 Junie 1966) was 'n Italiaanse renjaer. In 1950 het hy die eerste wêreldkampioen in Formule Een geword. Farina se vader was die entrepreneur Giovanni Farina, wat sedert 1906 die koetsboumaatskappy Stabilimenti Farina in Turijn bedryf het. Sy oom – sy vader se broer – was Battista "Pinin" Farina, wie se maatskappy Pininfarina ook in die motorbedryf aktief was. Farina was 'n opgeleide ekonoom en het, saam met sy broer Attilio, Stabilimenti Farina vanaf 1946 tot sy likwidasie in 1953 bestuur.
Eksterne skakels Statistieke op Statsf1.com
Kategorie:Italiaanse renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Formule Een-Wêreldbestuurderskampioene