Sieketroos (Arctopus echinatus) is 'n stamlose meerjarige plant wat deel van die Apiaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 184 383 km² en kom van die Bokkeveldberge vanaf Nieuwoudtville tot by die Kaapse Skiereiland en daarvandaan ooswaarts tussen die kus en die plooiberge tot by Port Alfred voor.
Die spesie staan ook as bitterwortel, platannadoring, platdoring en pokkiesdoring bekend en is deel van die fynbos.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
echinatus Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika