Einojuhani Rautavaara (; 9 Oktober 1928 – 27 Julie 2016) was 'n Finse komponis van klassieke musiek. Hy was een van die belangrikste Finse komponiste sedert Jean Sibelius (1865–1957), Rautavaara het 'n groot aantal werke in verskillende style gekomponeer. Dit sluit in agt simfonieë, nege operas en vyftien concertos, sowel as werke vir die stem en kamermusiek. Sy vroeë werke is gekomponeer met gebruikmaking van serialistiese (12-toon-reeks) tegnieke, maar sy latere musiek kan beskryf word as nieu-romanties en misties. Sy belangrikste werke is sy Klavierconcerto No. 1, Cantus Arcticus (1972), Sewende Simfonie, met die subtitel Engel van Lig (1994) en Agtste Simfonie, met die subtitel Die Reis (1999).

Lewe Rautavaara is in 1928 in Helsinki gebore. Sy vader, Eino Alfred Rautavaara (né Jernberg; 1876–1939; sy vader het sy van in 1901 verander), was 'n opera- en voorsanger (kantor), en sy moeder Elsa Katarinée Rautavaara (née Teräskeli; oorspronklik Träskelin) (1898–1944), was 'n dokter. Sy vroeë kinderjare is gevorm deur die musikantskap van sy vader, en met die aanmoediging van sy moeder het Einojuhani klavier begin leer toe hy nog jonk was. Sy vader is dood toe Einojuhani tien jaar oud was, met sy moeder wat minder as ses jaar later gesterf het. Hy het by sy tante Hilja Helena Teräskeli (1893–1958) in die stad Turku gaan woon, waar hy op die ouderdom van 17 formele klavierlesse begin neem het.Bauer, Patricia (2016). "Einojuhani Rautavaara". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Junie 2020.

duimnael|links|upright|Rautavaara in the 1950's Rautavaara het die Universiteit van Helsinki bygewoon en klavier en musiekwetenskap gestudeer, en later van 1948 tot 1952 komposisie aan die Sibelius-akademie onder Aarre Merikanto. Hy het die eerste keer internasionale aandag getrek toe hy in 1954 die Thor Johnson-kompetisie gewen het vir sy komposisie A Requiem' in Our Time, ten spyte daarvan dat hy, in sy eie woorde "...absoluut geen ervaring van komponeer vir blaasorkes gehad het nie en ['n] komposisietegniek [wat] destyds onvolwasse was ..."Aho, Kalevi (2016). "Rautavaara's death leaves a huge void in Finnish contemporary music". Finnish Music Quarterly. Opgespoor en besoek op 14 Junie 2020. Die werk het die aandag getrek van die destyds bekende Finse komponis Jean Sibelius, wat Rautavaara aanbebeveel het vir 'n beurs om aan die Juilliard-skool in New York Stad te studeer. Hier het hy studeer onder Vincent Persichetti; hy het ook lesse gehad by Roger Sessions en Aaron Copland by Tanglewood. Oor sy tyd wat hy by Juilliard ingeskryf was, het Rautavaara later gesê dat die lewe in Manhattan "Miskien die belangrikste ervaring was, [en] dit het my baie meer oor die lewe geleer as al daardie onderwysers oor musiek." Hy het daarna na Helsinki teruggekeer en in 1957 aan die Sibelius-akademie gegradueer, en later gekies om dieselfde jaar verder in Switserland te studeer, onder leiding van die Switserse komponis Wladimir Vogel. Die volgende jaar het hy na Keulen, Duitsland gereis om onder die Duitse komponis Rudolf Petzold te studeer.

Rautavaara het van 1957 tot 1959 as nie-permanente onderwyser gedien aan die Sibelius-akademie. Hy was vanaf 1959 tot 1961 musiekargivaris by die Helsinki Filharmoniese Orkes, en vanaf 1965 tot 1966 rektor van die Käpylän musiikkiopisto (Käpylän musiekinstituut) Helsinki. Van 1966 tot 1976 was hy permanente onderwyser aan die Sibelius-akademie. Hy was ook vanaf 1971 tot 1976 professor van kuns (aangestel deur die Kunsteraad van Finland), en professor in komposisie aan die Sibelius-akademie van 1976 tot 1990. Sy studente gedurende hierdie tyd sluit in die Finse komponis Kalevi Aho en die dirigent Esa-Pekka Salonen. duimnael|Rautavaara saam met sy vrou Mariaheidi en hul twee kinders in 1961

Hy is in 1959 met Heidi Maria "Mariaheidi" Suovanen, 'n aktrise, getroud. Hulle het saam twee seuns, Markojuhani en Olof, en 'n dogter, Yrja, gehad. Die egpaar se paaie het in 1982 uiteengeloop en hulle is in 1984 formeel geskei, nadat hy verlief geraak het op Sinikka Koivisto, wat 29 jaar jonger as hy was. In 1984 is die paartjie getroud.

Rautavaara het in 1985 die Finse staatsprys vir musiek ontvang.

Ná 'n aorta-disseksie in Januarie 2004 het Rautavaara byna 'n halfjaar in intensiewe sorg deurgebring, voordat hy herstel het en sy werk voortgesit het. Die Finse regering het hom gedurende hierdie tyd sterk ondersteun. Hy het op 27 Julie 2016 in Helsinki gesterf aan komplikasies wat veroorsaak is deur 'n heup operasie.

Musiek

Rautavaara was 'n prolifieke komponis en het in 'n verskeidenheid vorme en style geskryf. Sy oeuvre kan breedweg in vier tydperke verdeel word: 'n vroeë "neoklassieke" tydperk vanaf die 1950's, wat noue bande met tradisie toon; 'n avant-garde en konstruktivistiese stadium in die 1960's, toe hy met 12-toontegnieke geëksperimenteer het, maar dit later in die dekade laat vaar het; 'n "nieu-romantiese" tydperk in die laat 1960's en die 1970's; en 'n eklektiese, "post-moderne" komposisiestyl waarin hy 'n wye spektrum van stilistiese tegnieke en genres vermeng het. Sy musiek word dikwels misties genoem, vanweë sy fassinasie met metafisiese en godsdienstige onderwerpe en tekste. (Verskeie van sy werke het titels wat sinspeel op engele.) Sy komposisies sluit agt simfonieë, 15 concertos, korale werke (verskeie vir onbegeleide koor, insluitend Vigilia (1971–1972)), sonates vir verskeie instrumente, strykkwartette en ander kamermusiek en 'n aantal biografiese operas soos Vincent (1986–1987, gebaseer op die lewe van Vincent van Gogh), Aleksis Kivi (1995–1996) en Rasputin (2001–2003) in.

Kompisisieproses

In die opvoeringsaantekeninge van sy 1999-stuk Herfstuine, skryf Rautavaara, "Ek vergelyk die proses van komposisie dikwels met tuinmaak. In beide prosesse neem mens organiese groei waar en beheer jy dit, eerder as om bestaande komponente en elemente te bou of saam te voeg. Ek meen ook dat my komposisies soos 'Engelse tuine' is, wat vrylik en op organiese wyse groei, in teenstelling met die wat op rigiede wyse beheer en gesnoei word met streng geometriese akkuraatheid."Judd, Timothy (2019). "Einojuhani Rautavaara's 'Autumn Gardens': A Radiant Orchestral Soundscape" Hy het ook verduidelik dat hy eerstens die instrumentasie van 'n stuk bepaal, waaruit die musiek dan "organies groei" as konsep.

1960's duimnael|links|upright|Die Oostenrykse komponis Anton Bruckner was aan die begin van Rautavaara se loopbaan 'n groot inspirasie. Saam met Erik Bergman was Rautavaara in die vroeë 1950's een van die baanbrekers van die 12-toontegniek in Finland, hoewel hy uiteindelik slegs 'n klein hoeveelheid van die tipe werke voltooi het. Sy belangrikste werke uit die tydperk is die Derde en Vierde Simfonieë en die opera Kaivos (Die myn), wat slegs deel uitgemaak het van 'n televisieproduksie in 1963, maar 'n bron van materiaal was vir die strykorkesstukke Canto I (1960) en Canto II (1961), en vir die Derde Strykkwartet (1965). Selfs sy 12-toon werke uit die tydperk bevat ooglopende romantiese en post-ekspressionistiese kenmerke wat stilisties nader is aan Anton Bruckner en Alban Berg as meer konvensionele serialiste soos byvoorbeeld Pierre Boulez. Rautavaara het self na sy Derde Simfonie verwys as die "Bruckner-simfonie".

Sy gebruik van hierdie 12-toon- en serialistiese tegnieke was destyds hoogs ongewoon in Finland, wat Rautavaara toegelaat het om 'n kontroversiële figuur te word en hom na die voorpunt van die Finse klassieke musiektoneel gestoot het, saam met mede-komponiste soos Joonas Kokkonen en Erkki Salmenhaara. In die middel-1960's het Rautavaara egter in 'n kreatiewe krisis met serialisme beland, en besef dat die komposisiemetode geweldig moeisaam was en die afstand daarvan van die uitkoms te groot. Hy het later onthou dat "...die modernisme van daardie tyd, [...] die serialisme in musiek, waarmee ek geëksperimenteer het, [...] nie 'n pad vir my was om te volg nie." Hy het geëksperimenteer en 'n oplossing gevind teen die einde van die dekade, toe hy verskillende style begin verken het soos hy vroeër in die Derde Simfonie gedoen het. Die Tjelloconcerto No.1, wat deur Bach beïnvloed is, (1968) en Anadyomene (1968), wat deur Debussy beïvloed is, het sy kreatiewe dooiepunt oopgemaak. Meer eklektiese werke het begin verskyn, waarvan die komposisietegnieke mettertyd kenmerkend van sy styl geword het. Die kenmerke daarvan het drie-akkoord-gebaseerde, dikwels modale harmonieë, met sagte romantiese orkestrasie, met modernisme wat uit die nuwe speelmodusse ontspring, en uiteindelik die terugkeer van die twaalftoon-passasies wat in die musikale tekstuur ingebed is, ingesluit.

1970's Die 1970's was Rautavaara se mees produktiewe tydperk. Volgens Rautavaara was dit gedurende hierdie tydperk dat hy 'n "sintese" ontdek het, dat hy tot op daardie stadium bloot 'n student was wat inligting oor verskeie style en tegnieke versamel het. In 'n kort tydjie het hy 'n uitgebreide oeuvre gekomponeer, waarvan die meeste die toets van die tyd deurstaan het. Die sagklinkende nuwe styl is opgemerk deur kore, wat 'n aantal koorliedere van die komponis aangevra het. Sy belangrikste koorwerke, Vigilia en True and False Unicorn, is gedurende 1971 gekomponeer. Cantus Arcticus het onmiddellik daarna gevolg, aan die begin van 1972, en in die somer het hy 'n uitgebreide partituur vir manskoor, A Book of Life, gekomponeer.

In die 1970's het Rautavaara baie tyd spandeer aan die komponeer van operastukke. Die komiese opera-musiekblyspel Apollo contra Marsyas, in 1970 gekomponeer in samewerking met die librettis Bengt V. Wall, was 'n teleurstelling. Daarna, gebaseer op motiewe uit die Kalevala, het hy Die Mite van Sampo (1974–1983) en Marjatta, nederige meisie (1975) gekomponeer. Sy volwasse operastyl is later vertoon in Thomas (1985); daarna het Vincent (1987) en Die Huis van die Son (1991) aan hom noemenswaardige internasionale sukses besorg. Sy latere operas sluit in Die Geskenk van die Wyse Manne (1994), Aleksis Kivi (1997) en Rasputin (2003).

'n Groot aantal van sy werke het dele vir magnetiese band, insluitende Cantus Arcticus (1972, ook bekend as Concerto vir Voëls en Orkes) vir opgeneemde voëlsang en orkes, en True and False Unicorn (1971, tweede weergawe 1974, hersien in 2001–02), die finale weergawe is vir drie voordraers, koor, orkes en magnetiese band.

1980's en 1990's In die laat 1970's het Rautavaara geleidelik na stilistiese sintese gedraai, wat duidelik is in die Orrelconcerto Annunciations (1977) en die Vioolconcerto (1977), en veral in Angels and Visitations (1978) vir orkes. Dit is die eerste werk in die "Engel"-reeks, wat ook die Vyfde Simfonie insluit, waarvan die werktitel Monoloog met Engele was, die kontrabaskonsert Engel van Skemer uit 1980, en die Sewende Simfonie, Engel van Lig.

Sy opera Thomas (1985) het die begin van sy volwasse operastyl gemerk, wat nieu-Romantiese harmonieë met aleatoriese kontrapunt, twaalftoontegnieke en verskillende modale stelsels kombineer. Die libretto, geskryf deur Rautavaara self, vertel die verhaal van 'n 13de-eeuse Biskop van Finland soos deur die protagonis self ervaar, weer met behulp van Kalevala-motiewe. 'n Soortgelyke eerstepersoonsvertelling word gebruik in die volgende opera, Vincent (1987), gewy aan Vincent van Gogh. Saam met Die Huis van die Son (1991) het die operas hom noemenswaardige internasionale sukses besorg.

Sy mees bekroonde werk, die Sewende Simfonie, het 'n Cannes Klassieke-toekenning en 'n Grammy-nominasie vir die opname deur die Helsinki Filharmoniese Orkes onder leiding van Leif Segerstam gekry.

Afgesien van die Engel van die Lig, is van sy noemenswaardige instrumentale werke uit die tydperk die Sesde Simfonie "Vincentiana" (1992), gebaseer op Vincent; die Derde Klavierconcerto "Geskenk van Drome" (1998), in opdrag van Vladimir Ashkenazy; die orkeswerk "Autumn Gardens" (1998), in opdrag van die Skotse Kamerorkes; en die Agtste Simfonie "Die Reis", in opdrag van die Philadelphia Orkes.

2000's