Die duineseldery (Dasispermum suffruticosum) is 'n sukkulent wat deel van die Apiaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal, Oos-Kaap en die Wes-Kaap voor. Die spesie is deel van die fynbos en blom van Julie tot Februarie. Dit groei op die sand aan die kus vanaf Namakwaland tot in KwaZulu-Natal.

Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor

suffruticosum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika