‘n Maarskalk is die algemene opperbevelhebber van die strydkragte (of deel daarvan) van ‘n land. Dit is die hoogste militêre titel, dus bo ‘n generaal. Dikwels is dit egter bloot ‘n eretitel.

Die woord is afgelei van twee Latynse woorde, naamlik mare en scale – mare met die betekenis van merrie en scale wat helper beteken. Dus was ‘n maarskalk aanvanklik bloot die stalkneg wat die perdestalle moes skoonhou. Later word hy darem ook die versorger van die perde en gaan hy nog later saam op veldtogte as die opperstalmeester om na die perde om te sien. So langsamerhand neem sy en sy helpers se take al meer toe en styg sy states en rang. In verskeie lande (en ook in Suid-Afrika) bestaan die rang van maarskalk nie. ‘n Veldmaarskalk word in sommige leërs aangetref. Sekere lande het ‘n lugmaarskalk vir hul lugmag. ‘n Admiraal van die vloot word meesal in rang gelyk beskou as ‘n maarskalk.

Bekende maarskalke in Suid-Afrika is John French Douglas Haig Herbert Kitchener Bernard Montgomery Paul Methuen Douglas MacArthur Friedrich Paulus Gerd von Rundstedt Erwin Rommel Frederick Sleigh Roberts J.C. Smuts Josef Radetzky von Radetz (Radetzkymars) Garnet Wolseley

Trivia Maarschalk is ook 'n van in Suid-Afrika. Henri Jacobus Maarschalk (gebore in Barneveld, Nederland, 18 Julie 1847 - oorlede in Utrecht, kwaZulu-Natal, April 1929) arriveer in Natal in 1876 weens 'n skipbreuk. In Engels het die woord marshal 'n verdere betekenis wat dit nie in Afrikaans het nie.

Kategorie:Militêre range