Die bergseldery (Notobubon galbanum) is 'n struik wat deel van die Apiaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap, vanaf Elandsbaai tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts tot by Albertinia, voor. Die spesie is deel van die fynbos en blom van Julie tot Februarie. Daar is meer as 30 bevolkings bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
galbanum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika