Die Izwi Labantu, die Stem van die Volk, was ‘n koerant in Xhosa wat tussen November 1897 en April 1909 in Oos-Londen uitgegee is.

Geskiedenis In daardie jare het slegs sekere swartmense in die Kaapkolonie die stemreg gehad. Met die algemene verkiesing van 1899 was die Xhosa-sprekendes in twee kampe verdeel. Die Izwi is deur ‘n aantal intellektueles bekend as die Inggungqutela-groep gestig en het die Engelssprekende Progressiewe Party onder leiding van C.J. Rhodes gesteun, veral omdat Rhodes hulle finansieel ondersteun het. Hierdie koerant is gestig as teenvoeter van die Imvo Zabantsundu van J.T. Jabavu wat op sy beurt die Afrikanerbond van Jan Hendrik Hofmeyr gesteun het. N.C. Umhalla was die Izwi se stigtersredakteur en die bekendste skrywers en medeoprigters was W.B. Rubusana en S.E.K. Mqhayi. A.K. Soga was die tweede redakteur. Die koerante was ‘n stem vir die ontluikende swart middelklas in die kolonie. Veral het dit kritiek gehad op die beperkte deelname van Xhosa-sprekendes in die regering in die laat 19de en begin van die 20ste eeu. So het die stigterslede van die Izwi ‘n kernrol gespeel in die latere stigting van die ANC.

Betrokke persone John Tengo Jabavu (*Healdtown, 11 Januarie 1859 - †Fort Hare, 10 September 1921), koerantredakteur, opvoedkundige, vooraanstaande Christen-leier Samuel Edward Krune Mqhayi (*Gqumahashe, Victoria-Oos, Tyumevallei, naby Alice, 1 Desember 1875 - †Ntb'ozuko, Berlin, naby Kingwilliamstown, 27 Julie 1945), Xhosa-digter, romanskrywer, sub-redakteur vn die Izwi 1897-1900 en weer van 1906-1909, skryf onder die skuilnaam Imbongi Yakwo Gompo (die Gompo-digter), skryf artikels vir die Izwi, later personeellid van die Imvo Zabantsundu op Macleantown Walter Benson Rubusana (*Mnandi, Somerset-Oos, 21 Februarie 1858 - †Oos-Londen, 19 April 1936), predikant in die Congregational kerk, belangrike politieke skrywer en stigerslid van die ANC Allan Kirkland Soga (soms Kirkland Allan Soga), (*20 November 1861), vierde seun van ds. Tiyo Soga en broer van William Anderson Soga Nathaniel Cyril Umhalla (soms Mhala), eerste redakteur van die Izwi

Bibliografie https://emandulo.apc.uct.ac.za/metadata/FHYA%20Depot/1322/1415/index.html

Kategorie:Suid-Afrikaanse koerante