Thyspunt naby Humansdorp is aangewys as die plek waar Suid-Afrika se volgende kernkragsentrale gebou gaan word.
Ligging Die aangewese terrein lê by nagenoeg 34° 11′ 30″ suid, 24° 41′ 35″ oos, wes van die strand by Thysbaai en die Rebelsrus-privaatnatuurreservaat, oos van Wassenaarstrand, suidoos van Oesterbaai, ‘n 12 km wesnoordwes van Kaap St. Francis en 18 km suidsuidwes van Humansdorp. Die strand kan bereik word met ‘n grondpad wat weswaarts uitdraai uit die R330-teerpad.
Kragstasie Eskom is van plan om ‘n kernkragsasie met ‘n voorgestelde vermoë van 5200 megawatt hier op te rig. Reeds in 1970 is die terrein gekies as ‘n geskikte plek vir so ‘n aanleg. In 2017 is egter van die planne afgesien ten gunste van Duynefontein (by Koeberg). Na verdere omdersoeke het Eskom in 2026 tog gekies vir Thyspunt en nie vir Bantamsklip in die Overberg nie.
Voor- en nadele Die moontlike kragstasie naby klein dorpe en strandoorde sal broodnodige werkgeleenthede skep vir hierdie afgeleë deel van die Oos-Kaap en dus ‘n positiewe bydrae lewer tot die ekonomiese ontwikkeling van die gebied. Die aangewese terrein is reeds die eiendom van Eskom en boonop kan die reeds bestaande hoogspanningslyne wat die windplase van die omgewing bedien, gebruik word. Hierdie deel van die Oos-Kaapse kus (tot so ver as Mosselbaai) kan beskou word as deel van die wieg van die mensdom. Om hierdie redes is die kusstrook belangrik wat betref sosio-ekonomiese redes en omgewingsbewaring en is ook van uiters kultuur-historiese belang.
Bibliografie Essop, Philda: Kernkrag – Thyspunt-projek in ontwikkelingsfase. netwerk24.com/sake/energie/kernkrag-thyspunt-projek-in-ontwikkelingsfase-20260722-1039 Rogers, Guy: Thyspunt recommended as preferred site for nuclear plant. The Herald, 22 Julie 2026 Yeld, John: Thyspunt recommended for Eskom’s new nuclear power station, despite heritage obstacle. dailymaverick.co.za/article/2026-04-14-thyspunt-recommended-for-eskoms-new-nuclear-power-station-despite-heritgae-obstacle/
Kategorie:Kernkragsentrales Kategorie:Oos-Kaap