Die minnaarsboontjie (Abrus laevigatus) is 'n meerjarige, houtagtige klimplant met lang, dun stingels wat tot ongeveer ses meter hoog kan groei. Dit kom wydverspreid in Suid-Afrika en in tropiese en subtropiese gebiede voor.

Die blomme ontwikkel gedurende die somermaande in digte bloeiwyses wat in die blaaroksels voorkom. Ná bestuiwing ontwikkel daar langwerpige peule wat vier tot twaalf blink swart of donkerbruin sade bevat. Hierdie sade dien as die primêre voortplantingsmeganisme van die plant en word hoofsaaklik deur voëls en water versprei.

Gebruike van Abrus laevigatus 'n Aftreksel van die plantwortel word gebruik om oogsiektes te verlig en om lintwurmbesmetting, bilharzia, asma en gonorree te behandel. Hierdie gebruike is grotendeels gebaseer op tradisionele kennis wat oor geslagte heen oorgedra is. Hoewel sommige farmakologiese studies op verwante spesies die teenwoordigheid van bioaktiewe verbindings bevestig, bestaan daar steeds beperkte kliniese navorsing wat die veiligheid en doeltreffendheid van hierdie behandelings bevestig.

Bewaringstatus Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) word Abrus laevigatus nie as bedreig beskou nie.https://redlist.sanbi.org/species.php?species=226-1 Die spesie kom wydverspreid voor, het ’n stabiele bevolking en toon geen tekens van 'n afname wat enige bedreiging toon nie.

Verspreiding Die spesie is inheems aan Eswatini, Mosambiek, Namibië en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom die spesie in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Oos-Kaap voor.https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:469596-1

Verwysings

laevigatus Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika