Die Centraal Bureau voor de Statistiek (CBS) is die amptelike statistiek-agentskap van Nederland. Die CBS versamel en verwerk data oor die Nederlandse samelewing waarmee statistiese inligting oor maatskaplike en ekonomiese onderwerpe, insluitend bevolkingsyfers, die ekonomie en die arbeidsmark, gegee kan word. Die CBS het die wetlike taak om sy inligting onafhanklik en publiek toeganklik te maak.

Die CBS het kantore in Den Haag en Heerlen en het omtrent 2000 werknemers (2022).

Verwysings

Kategorie:Nederland Kategorie:Statistiek