William Michael «Billy» Zabka (New York, 20 Oktober 1965) is 'n Amerikaanse akteur, voormalige model, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger. Hy is veral bekend vir sy rol as Johnny Lawrence in die rolprent The Karate Kid (1984) en in die opvolgreeks Cobra Kai (2018–2025).

Biografie

Zabka is in New York gebore as die seun van Nancy Heimert, 'n vervaardiger en produksie-assistent, en Stanley William Zabka, 'n regisseur, skrywer en komponis. Sy vader het gedurende die eerste twee jaar van Johnny Carson se tydperk as aanbieder as assistent-regisseur aan The Tonight Show Starring Johnny Carson gewerk en het ook aan die vervaardiging van verskeie speelfilms, waaronder Forced Vengeance (1982) met Chuck Norris, meegewerk.

In 1983 het Zabka aan die El Camino Real Charter High School in Los Angeles, Kalifornië, gematrikuleer voordat hy vir 'n kort tyd aan die California State University, Northridge, studeer het, waar hy hom op rolprentkuns toegespits het.

Zabka is in 2008 met sy vrou, Stacie, getroud, en hulle het twee kinders.

Loopbaan

Zabka het sy rolprentloopbaan begin met The Karate Kid (1984), waarin hy sy bekendste rol tot dusver vertolk het: Johnny Lawrence, die antagonis wat die hoofkarakter Daniel LaRusso (Ralph Macchio) voortdurend teister en aanval. Hy het dieselfde karakter ook kortliks aan die begin van The Karate Kid Part II vertolk, waar die einde van die eerste rolprent voortgesit word.

In latere jare het hy 'n loopbaan as regisseur van kortfilms begin en in 2004 'n benoeming vir die Oscar-toekennings ontvang vir Most, wat hy self geskryf en geregisseer het.

In 2013 het hy saam met Ralph Macchio na televisie teruggekeer in die Amerikaanse komediereeks How I Met Your Mother, waar hy homself vertolk het in die episode "The Bro Mitzvah", die 22ste episode van die agtste seisoen. Hy het later ook in verskeie episodes van die negende seisoen verskyn.

Op 4 Augustus 2017 is aangekondig dat Zabka sy rol as Johnny Lawrence sou hervat in Cobra Kai, 'n herlewingsreeks van tien episodes vir YouTube Premium, wat in 2018 begin uitsaai het. Zabka dien ook saam met Ralph Macchio as mede-uitvoerende vervaardiger van die reeks. Die verhaal speel 33 jaar ná die gebeure van die eerste rolprent af en fokus op 'n mismoedige Johnny wat, in 'n poging om sy lewe te herbou, die Cobra Kai-dojo heropen. Dit laat sy ou wedywering met die nou suksesvolle Daniel LaRusso (Macchio) herleef, terwyl Daniel probeer om balans in sy lewe te vind sonder die leiding van sy oorlede mentor, mnr. Miyagi.

Filmografie

Rolprente

1984 Karate Kid 1985 Just One of the Guys 1985 National Lampoon's European Vacation 1986 Back to School 1986 The Karate Kid Part II 1988 A Tiger's Tale 1991 For Parents Only 1993 Shootfighter: Fight to the Death 1994 Unlawful Passage 1995 The Power Within 1996 Shootfighter II 1997 High Voltage 1999 Interceptors 2000 Falcon Down 2001 Ablaze 2001 Mindstorm 2002 Gale Force 2002 Hyper Sonic 2002 Landspeed 2002 Dark Descent 2002 Antibody 2003 Most 2004 Roomies 2007 Smiley Face 2007 Cake: A Wedding Story 2007 Starting from Scratch 2010 Hot Tub Time Machine 2010 Mean Parents Suck 2011 Cross 2014 Where Hope Grows 2015 The Dog Who Saved Summer 2016 The Man in the Silo 2024 The Cobra Kai Movie 2025 Karate Kid: Legends

Televisie

1983 The Greatest American Hero 1984 Gimme a Break! 1984 CBS Schoolbreak Special 1984–1985 E/R 1985–1989 The Equalizer 1986 Dreams of Gold: The Mel Fisher Story - Televisiefliek 1989 Protect and Surf - Televisiefliek 1996 To the Ends of Time - Televisiefliek 2000 Epoch - Televisiefliek 2000 Python - Televisiefliek 2001 18 Wheels of Justice 2002 Python II - Televisiefliek 2011 Jimmy Kimmel Live! 2013 Robot Chicken 2013–2014 How I Met Your Mother 2014 Psych 2015 Gortimer Gibbon's Life on Normal Street 2015 To Appomattox 2018–2025 Cobra Kai 2024 Password 2024 The Tonight Show Starring Jimmy Fallon TBD Scarpetta

Verwysings