Silene saldanhensis is 'n meerjarige plant wat deel van die Caryophyllaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Saldanhabaai tot by Hopefield voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 291 km² waar drie bevolkings voorkom wat bedreig word deur infrastruktuur ontwikkeling by Saldanha en gewasverbouing by Hopefield. Die spesie word tot 1 m hoog, blom van Augustus tot April en is deel van die fynbos.

Bronnelys [hhttps://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77126296-1 Plants of the World] REDLIST Sanbi Biodiversityadvisor

saldanhensis Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika