Wildetabak (Silene ornata) is 'n meerjarige plant wat deel van die Caryophyllaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap by Saldanhabaai voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van slegs 19 km² waarin ses tot tien bevolkings voorkom wat bedreig word deur stedelike en industriële ontwikkeling. Die spesie word tot 1 m hoog, blom van Augustus tot April en is deel van die fynbos.

Bronnelys Plants of the World REDLIST Sanbi Biodiversityadvisor

ornata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika