Ocimum reclinatum is 'n klein struik wat deel van die Lamiaceae familie is. Die spesie is inheems aan Mosambiek en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom die spesie in KwaZulu-Natal, noordwaarts vanaf Mkuze, voor. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 1278 km² en daar is ses bevolkings bekend wat bedreig word deur onder andere oorbeweiding, gewasverbouing en die afkap van bome vir brandhout.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Biodiversityadvisor
reclinatum Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika