Nico Moolman (15 Januarie 1948 – 25 Augustus 2025) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer, amateur-historikus en kultuurversamelaar.https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/skrywer-en-versamelaar-nico-moolman-oorlede/ Hy is veral bekend vir sy historiese navorsing oor die Anglo-Boereoorlog en as die skrywer van die boek The Boer Whore, wat as direkte inspirasie gedien het vir die bekroonde Afrikaanse roman en verhoogproduksie Kamphoer.https://www.jonathanball.co.za/product-author/nico-moolman/

Vroeë lewe en loopbaan Moolman het die grootste deel van sy lewe in die Vaaldriehoek gewoon en gewerk, waar hy vir jare lank verbonde was aan Yskor wat later Mittal genoem is ,in Vanderbijlpark.https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2025/08/26/beskermheer-van-sa-geskiedenis-sterf/ Ten spyte van sy korporatiewe loopbaan het hy 'n lewenslange passie vir geskiedenis gekoester, met 'n spesifieke fokus op die Anglo-Boereoorlog.https://www.netwerk24.com/stemme/profiele/storieman-nico-moolman-hou-geskiedenis-lewend-20220818 Oor die loop van etlike dekades het hy hom toegewy aan die insameling, bewaring en digitalisering van historiese foto's, glasnegatiewe en argivale dokumente, waarvan hy baie later aan die Bloemfonteinse Argief teruggeskenk het.https://maroelamedia.co.za/leefstyl/goeie-nuus/nico-moolman-die-man-wat-skatte-versamel/

Literêre bydrae en The Boer Whore duimnael|The Boer Whore boek. Moolman het gedurende sy lewe meer as 16 boeke geskryf, wat hy in die meeste gevalle as selfpublikasies uitgegee het.Sy bekendste werk is die historiese dokumentêre vertelling The Boer Whore (2012).

Tydens sy argivale navorsing het Moolman afgekom op die ware en tragiese verhaal van Susan Nell, 'n jong meisie wat tydens die Anglo-Boereoorlog in die Winburg-konsentrasiekamp deur Britse offisiere verkrag en vir dood agtergelaat is. Sy het egter oorleef nadat 'n Basotho-egpaar haar gevind en in 'n grot versorg het, waarna sy uiteindelik na Europa gereis en een van die wêreld se eerste vroulike psigiaters geword het. Hierdie historiese verslag het later as die basis gedien vir Francois Smith se debuutroman Kamphoer (Tafelberg), asook die hoogs suksesvolle gelyknamige eenvrouvertoning waarin Sandra Prinsloo die hoofrol vertolk het.

Erkenning en die Buskruit en Laventel-museum In Maart 2021 is Moolman deur die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, Ilya Rogachev, in Utrecht vereer vir sy omvattende navorsing oor die historiese bande tussen die Boere en die Russe wat gedurende die Anglo-Boereoorlog aan die Boere-republieke se kant geveg het.https://www.netwerk24.com/sarie/boeke/boek-afrikaanse-fotograaf-se-vriendskap-met-die-russe-20210511https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2021/03/26/skrywer-uit-vaal-deur-russe-vereer-vir-navorsing-oor-anglo-boereoorlog/

Moolman en sy vrou, Naomi (met wie hy in 1970 getroud is), het hulle later gevestig op die plaas Cesaréa net buite Utrecht in KwaZulu-Natal.https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2023/02/16/lewensliggies-se-baadjie-kuier-saam-met-nico-in-hongkong/https://novanews.co.za/bloemnewsexpress/geliefde-storieman-van-utrecht-oorlede/ Hier het hy sy eie huismuseum, genaamd die Buskruit en Laventel Plaasmuseum (in Engels bekend as Cordite and Cologne), bedryf. Die museum huisves 'n massiewe versameling historiese kultuurskatte, militêre gedenkplate en Afrikana.

Mysoektog dokumentêr In 2021 het Moolman, Wessel Mostert, Tumelo Mokoena, Piet Lombard, Theo Molebatsi, Twin Mosia, Leon Meyer en Dawie Fourie 'n reis per perdekar deur Suid-Afrika onderneem; hulle het in Vereeniging, Gauteng, begin en deur verskeie dorpe in die Vrystaat gereis voordat hulle in Utrecht, KwaZulu-Natal, aangekom het. Die span het 'n dokumentêr genaamd Mysoektog verfilm met behulp van 'n Kaapse kar en ses perde, en sodoende uitgebeeld hoe daar in die ou dae gereis is.

Moolman is op 25 Augustus 2025 in die ouderdom van 77 jaar in Utrecht oorlede, kort nadat hy sy laaste digbundel, Amper daar, gefinaliseer het.https://www.netwerk24.com/kunste/aktueel/kultuurgees-skrywer-nico-moolman-het-aarde-verlaat-20250826-0863

Geselekteerde bibliografie Kuier in 'n Plaaskombuis (2005)https://journals.co.za/doi/10.10520/EJC30659 South Africa at a Canter: A Cultural Rhapsody.https://www.abebooks.com/book-search/author/nico-moolman/ The Boer Whore (2012)https://www.goodreads.com/author/show/6168780.Nico_Moolman Dankie, Generaal: Op die spoor van 'n oorlogspeurderhttps://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/2018/08/30/sloet-steenkamp-leef-liggies/ Karrenmelk vir Ta Nonnie (2015) Sij Die Pienk Traaisiekel Uit Ouma se Uitsetkist Die groot Kwilt Amper daar (Digbundel, 2025)

Bronne/Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse historici Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Mense van die Vrystaat Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Sterftes in 2025