Crossby Vusi Shongwe is 'n Suid-Afrikaanse politikus en 'n lid van die Parlement (LP) vir die Umkhonto we Sizwe (MK).https://www.parliament.gov.za/press-releases/national-assembly-agrees-establish-adhoc-committee-mkhwanazi-matter
Parlementêre Ad Hoc Komitee In Julie 2025 is Shongwe gekies om deel te wees van die parlementêre ad hoc komitee wat deur president Cyril Ramaphosa gestig is om bewerings van korrupsie in die polisie en inmenging van politici soos beweer deur KwaZulu-Natal Kommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te ondersoek.
Madlanga-kommissie In Junie 2026 het Shongwe, voor die Madlanga-kommissie getuig en beweer dat hy R10 miljoen aangebied is tydens 'n virtuele vergadering in Durban met die geskorste hoof van Gautengse Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan. Dit was na sy ondervraging van Khan se beweerde bande met onwettige sigaretsmokkelary by 'n parlementêre ad hoc-komitee oor die Suid-Afrikaanse Polisiedienste. Shongwe het ook die Aeroton-dwelminsident in besonderhede uiteengesit, sowel as bewerings van toesmeerdery met betrekking tot die dood van grimeerkunstenaar Maja Janeska en die Johannesburgse narkotiseur dr. Abhulhay Munshi, wat onderskeidelik in September 2020 en Desember 2022 vermoor is en met Khan verbind is. Shonwge het ook bewerings van toesmeerdery met betrekking tot onwettige sigaretsmokkelary ondersoek, waarmee Khan verbind is, aangesien twee sakemanne, Mohammad Sayed en Adriano Mazzotti, albei geassosieer was met en eienaars was van die tabakmaatskappy genaamd Carnilinx. Shongwe het hierdie groep 'n "Indiese kliek" in die SAPS genoem en gesê dat dit 'n ondergrondse netwerk van invloed en korrupsie binne IDAC bedryf.
Verwysings
Kategorie:Politici van die Umkhonto we Sizwe Party Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika