Die Nebulaprys is 'n jaarlikse letterkundeprys vir die beste werk in wetenskapsfiksie en fantasie wat die vorige jaar in die VSA gepubliseer is. Dit word georganiseer en toegeken deur die Science Fiction and Fantasy Writers Association en word deur die skrywersgemeenskap gekies. Die prys is in 1966 die eerste keer in vier kategorieë toegeken vir letterkundige werk van verskeie lengtes.
Nog 'n prys vir rolprente en televisie is van 1974-'78 en van 2000-'09 toegeken, en sedert 2018 is daar ook 'n kategorie vir die skryf van speletjies. In 2019 is aangekondig twee pryse wat voorheen onder dieselfde reëls geval het, maar nie as Nebulapryse beskou is nie, die Andre Norton-prys vir jongvolwassefiksie en die Ray Bradbury-prys vir uitnemende dramatiese voorstelling, sou voortaan as amptelike Nebulapryse beskou word. Die pryse vir strokiesboeke en poësie is in 2026 bygevoeg.
Die Nebulapryse word elke jaar in die lente in Amerika gehou. Die venues verskil van jaar tot jaar. Dit is een van die bekendste en pretigerykste pryse vir wetenskapsfiksie en fantasie.The Battle of the Sexes in Science Fiction, p. 255 Volgens The Guardian is hulle "saam met die Hugopryse van die belangrikste pryse vir wetenskapsfiksie".
Verwysings
Skakels
Kategorie:Letterkundige toekennings